In meeste moderne style van musiek, is die vocals die
sleutel. As die stemme nie reg klink nie, trek dit jou aandag af.
As ‘n musikant kan jy dalk die individuele dele van ‘n
liedjie hoor. Die dromme wat die beat neerlê. Die bass wat die groove gee. Die kitaar wat die harmonie verskaf.
Maar meeste mense – jou ondersteuners – hoor niks behalwe
die vocals en die melodie nie.
Hoe om die Vocals Asemrowend te Laat Klink...
… selfs voor jy begin mix. Dis omdat die vocals op ‘n spoor
goed moet klink.
So hoe kry jy die beste moontlike klink met die gereedskap
wat jy alklaar het?
Maar een klein veranderlike kan jou vocals van amateur en
plat verander na ryk en professioneel. Tog kyk so baie mense verby dit!
Daardie klein veranderlike is mikrofoon keuse.
Jy moet tyd aan die begin van elke sessie spandeer om
verskillende mikrofone te probeer. Vind die een wat die beste werk vir die sanger wie jy opneem. Hierdie geld ook wanneer jy voice overs doen. Hier is 12 redes hoekom…
1. Kry ‘n Goeie Klank voor Jy Aan EQ Raak
Wanneer jy tyd spandeer om die regte mic te kry, kry jy ‘n
goeie klank by die oorsprong. Dieselfde geld vir tyd spandeer op mikrofoon plasing.
En wanneer jy vroeg al ‘n goeie klank het, word EQ ‘n keuse
eerder as ‘n noodsaaklikheid.
2. Voeg Meer Karakter en Mojo by
Dink aan watter element van die sanger die meeste aangenaam
of uniek is, en kies ‘n mikrofoon wat dit beklemtoon of komplimenteer.
Sê nou jy het ‘n manlike sanger met ‘n baie diep stem. ‘n Ou
dinamiese mikrofoon kan daardie warmte beklemtoon en selfs meer diepte tot die stem verleen. Of ‘n condenser mag dalk benodig word om die diepte te komplimenteer en om dit bietjie minder bass te maak.
Deur eksperimentasie met verskillende mikrofone, kan jy met
die karakter van die sanger werk en hulle stem verbeter of kompenseer vir hulle foute.
3. Neem Vocals op wat Beter Sit in die Mix
As jy vocals opneem oor die finale weergawe – nie scratch
tracks nie – kan jy ook in ag neem hoe die vocals werk saam die res van die mix.
‘n Dinamiese mic mag dalk help om ‘n hoë vroulike stem
verder terug in die mix te sit en ‘n bietjie meer samehangend laat voorkom.
4. Kry Beter Optrede Vanaf die Sanger
Om ‘n beter klank aan die begin van die opname te kry sal
die sanger beter laat voel oor hul optrede. Hierdie sal, in beurt, hul self-vertroue verbeter en lei tot selfs beter optredes.
Jy mag dalk ook die sanger help om hul eie stem beter te
verstaan en leer watter mikrofone vir hulle werk. Wanneer dit by hulle volgende studio sessie kom sal hulle al klaar weet wat werk vir hulle en wat doen nie.
‘n Gelukkige sanger beteken beter opnames.
5. Dit Vat nie Lank om ‘n Paar Mikrofone op te Stel nie.
Stel verskeie mikrofone op wanneer jy voorberei vir die
sessie (twee of meer). Daardie ekstra paar minute van werk kan die wêreld se verskil maak aan die finale liedjie. Jy het niks om te verloor nie.
In plaas daarvan om verskeie mikrofone uit te ruil om te
toets, stel verskillendes op baie naby aan mekaar en neem dit op.
Luister saam met die sanger en besluit watter mikrofoon die
beste klink.
Om op te neem met verskeie mikrofone
Elke Sanger is Anders
Sangers verskil grootliks in toon hoogte en karakter van
stem. Geen twee sangers gaan ooit dieselfde klink nie. Moenie aanneem dat wat werk vir een gaan werk vir die ander nie.
Vind die mikrofoon wat die beste werk met hulle karakter en
toon hoogte.
7. Elke Mikrofoon is Anders
Voeg ook by die feit dat elke mikrofoon ‘n kenmerkende
reaksie kurwe het end at jy vinnig kan sien hoekom party kombinasies nie werk nie.
Somtyds sal die kurwe van ‘n mikrofoon met die sanger se
stem saamstem, ander tye sal dit daarteen baklei.
Vind die mic wat die sanger beter laat klink, nie die een
wat hulle erger laat klink nie.
8. Manlike en Vroulike Sangers Sing Gewoonlik in Verskillende
Registers
Mans sing gewoonlik in ‘n baie laer register as vrouens. Met
die uitsondering van party gekastreerde 19de eeu manlike sangers (castrati… seriously).
Partykeer het jy ‘n condenser nodig om ‘n man meer duidelik
te laat klink met minder bass. Ander kere het jy dalk ‘n dinamies nodig om ‘n vrou warmer en minder hard te laat klink.
Party mikrofone werk beter vir vrouens en ander vir mans.
9. Party Sangers is Meer Sibilant as Ander
Sibilance is die teenwoordigheid van te veel sss of ts
klanke in ‘n opname.
Jy kan dit later verwyder met ‘n de-esser en ‘n bietjie chirurgiese
EQ rondom 5kHz. Maar dit sal baie makliker wees om net ‘n dinamiese mikrofoon te probeer.
Condenser mikrofone is meer sensitief met hoë frekwensies en
sal meer van daardie irriterende klanke op tel.
Gebruik eerder ‘n dinamiese mikrofoon. So lank as wat dit
nog steeds die vocals komplimenteer en op die regte plek in die mix sit.
10. Party Sangers Beweeg Baie Rond
‘n Goeie optrede is die sleutel tot ‘n goeie vocal opname…
en ‘n goeie liedjie. Somtyds moet jy doen wat okal nodig is om die beste moontlike optrede uit die sanger te kry.
In sommige gevalle beteken dit dalk om op luidsprekers te
monitor eerder as deur oorfone. Ek het dit in baie gevalle al gedoen, en meeste sangers is absoluut mal daaroor – maak net seker jy gebruik ‘n cardioid.
In baie gevalle beteken dit om vir die sanger ‘n draagbare
mikrofoon te gee, sodat hulle rond kan spring sonder om bekommerd te wees oor die afstand van die mic.
Dis nie ideaal nie, end it gewoonlik net vir ‘n live opname
of ‘n besonderse energieke groep. Maar dis nog steeds ‘n goeie rede om die mic by die sanger aan te pas.
As jy ‘n eksentrieke heavy-punk sanger voor ‘n tube condener
sit, gaan jy nie die mees konsekwente opname kry nie.
Partykeer is 'n draagbare mikrofoon nodig
11. Partykeer Help die Proximity Effek… of dit Doen nie.
Cardioid mikrofone oordryf bass frekwensies wanneer hulle
naby aan ‘n klank oorsprong is. Hierdie is die proximity effek.
As jy meer bass wil byvoeg, gebruik ‘n cardioid mikrofoon en
kom naby en intiem. As jy nie doen nie, gebruik ‘n omni-rigting mic omdat hulle nie onder die proximity effek ly nie.
12. Jy kan die Mic by die Kamer Aanpas
Sowel as om ‘n mic te kies wat by die sanger werk, moet jy
in ag neem of die mic reg is vir die kamer waarin jy opneem is.
As jy by die huis opneem, gebruik ‘n dinamiese cardioid. As
jy in ‘n kamer is wat goed klink, gebruik ‘n omni-rigting condenser.
Afsluiting
Om die regte mikrofoon te kies vir ‘n sanger kan die wêreld
se verskil maak. Daardie ekstra paar minute wat spandeer word aan die begin van ‘n sessie om verskillende mikrofone op te stel en te toets kry jou soveel nader aan die perfekte vocal opname.
Ek sal voorstel dat jy vir jouself uitvind hoeveel verskil
dit maak met hierdie eenvoudige aksie stappe:
Stel twee of meer mikrofone op langs mekaar. Kry hulle so
naby as moontlik aan mekaar sonder dat hulle aan mekaar raak.
Neem die vocals op vanaf al die mikrofone op dieselfde tyd.
Dit elimineer verskille in die optrede en afstand om vir jou ‘n akkurate vergelyking te gee.
Luister na elke mikrofoon op ‘n slag en vat notas op hoe
elke een klink. Gee dit ‘n gradering uit 10 op die volgende kwaliteite: Karakter, Kamer Klanke, Mix samehangendheid en Dinamiese Konsekwentheid.
Tel die tellings bymekaar en kies die beste mikrofoon.
Rob Mayzes is an audio professional, musician and educator. He has helped thousands of musicians to produce better music at home through his website, Musician on a Mission.
Advertisement
Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.