Students Save 30%! Learn & create with unlimited courses & creative assets Students Save 30%! Save Now
Advertisement
  1. Music & Audio
  2. International Women's Day
Music

10 Vrouens in Audio Produksie

by
Length:MediumLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

Daar is ‘n toenemende bewustheid dat vrouens onder-verteenwoordig word in die velde van wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde – wat kollektief bekend staan as STEM – maar dit kom nog steeds as ‘n skok dat, alhoewel daar baie suksesvolle vroulike musikante en sangeresse is, dat slegs 5% van die mense wat in die klank ingenieurswese veld werk, vrouens is.

Die goeie nuus is dat, alhoewel dit baie stadig styg, die nommer wel besig is om te styg.

Of hulle saam kunstenaars toer as live klank ingenieurs, in ‘n kommersiële studio as opname ingenieurs werk, post produksie vir TV en film doen, in ‘n hoogs gespesialiseerde veld van mastering werk of in enige ander area van audio produksie, daar is ‘n voorhoede van vrouens wat hulle merk op die industrie gelos het, en nuwe vrouens wat se dapper werk regtig inspireerend vir ons is.

Ter ere van Internasionale Vroue Dag, kom ons druk vir vordering in die audio produksie veld deur hulde te bring aan tien pioniers en die nuwelinge in die veld. #PressforProgress

1. Leslie Ann Jones

Leslie Ann Jones
Leslie Ann Jones, Direkteur van Music Recording en Scoring by Skywalker Sound

Daar is ‘n hele paar eerstes in opnames in ingenieur Leslie Ann Jones se lewe.

In 1975 was hierdie Amerikaner die eerste vroulike opname ingenieur by ABC Studios in Los Angeles. In 1977, was sy die eerste vroulike ingenieur by die legendariese Automatt Studios in San Francisco en die eerste vroulike nasionale offisier van die National Academy of Recording Arts and Sciences (die organisasie wat Grammys uitgee).  Sy was ook die klank ingenieur en pad bestuurder van een die eerste heeltemal vroulike groepe in Amerika, met die naam Fanny, in die 1970’s.

As al hierdie baanbrekerswerk nie genoeg is nie, Jones is al genomineer vir ses Grammies en het al vier gewen.

In 2004 het sy gewen vir die Beste Chamber Musiek, in 2006 vir Beste Jazz Vocal Album, in 2011 vir Beste Ontwerpte Album in Klassiek en in 2016 het sy gewen vir die Beste Ontwerpte Klassieke Album.

Jones is huidiglik die Direkteur van Music Recording and Scoring by Skywalker Sound, ‘n Lucasfilm, Ltd. maatskappy waar sy al werk vanaf 1997.

2. WondaGurl

In 2012 het 15 jarige Kanadese Ebony Oshunrinde, beter bekend as WondaGurl, 30 aspirante vervaardigers gewen in die Battle of the Beat Makers kompitisie in Toronto, Kanada, en eerste plek sowel as ‘n trofee en ‘n Roland GAIA Synthesiser gewen.

Aangehelp deur haar sukses, die talentvolle meisie het ‘n liedjie na Drake gestuur deur Instagram en het twee plekke gewen op sy mixtape, If You're Reading This It's Too Late.

Sy het hierdie opgevolg deur nog ‘n liedjie na Travis Scott te stuur, wat dit toe aangestuur het na Jay Z, wat die liedjie Crown op Jay Z se Magna Carta Holy Grail geword het.

Sy maak al musiek op haar keyboard en drom pads vanaf die ouderdom van nege, en WondaGurl is nou die vrou wat rap musiek voltyds maak. Op 23, het sy al klaar musiek gemaak saam met verskeie prominente kunstenaars in die musiek industrie, insluitend Kanye West, Jay Z, Drake, SZA, Young Thug, Travis Scott en Lil Uzi Vert.

Sy is nou onderteken met Eestbound, die man agter Travis Scott se Antidote, en die eerste vervaardiger onderteken aan haar etiket afdruk. Hou hierdie jong dame dop – die beste gaan nog kom.

3. Susan Rogers

Susan Rogers Professor of Music Production and Engineering
Susan Rogers Professor van Musiek Produksie en Ingenieurswese

Een van net ‘n paar vroulike opname ingenieurs in die US, Susan Rogers se reis het begin toe sy ‘n klomp handboeke oor elektronika, akoestiek en opname tegnieke gekoop het. Sy het hulle ywerig studeer en het ‘n werk losgelsaan, wat geadverteer is in die LA Times, om opname consoles reg te maak. 

Sy het kort daarna aanbeweeg om in opname studio, besit deur David Crosby en Graham Nash te werk. Daarna het sy gehoor dat haar gunsteling kunstenaar, Prince, opsoek was na ‘n audio tegnikus.

Rogers het dapperlik agter die werk aan gegaan en het gehelp om van die beste pop liedjies ooit te maak, van When Doves Cry tot Raspberry Baret.

Haar uitstaande werk met die superstar het ander deure ook oop gemaak, en sy het die volgende dekade spandeer om werk te doen vir David Byrne, Barenaked Ladies en Tricky voor sy haar PhD in musiek en sielkunde gekry het.

Vandag, tussen onderrig by die Boston Berklee College of Musiek, spandeer Rogers haar tyd om ander vrouens aan te moedig en te ondersteun om ook deel te word van audio ingenieurswese deur haar werk as ‘n publieke spreker.

4. Cynthia Daniels

Cynthia Daniels
Cynthia Daniels se MonkMusic Studios

Die Amerikaanse Cynthia Daniels is ‘n goeie voorbeeld van iemand wat dit reg gekry het om ‘n spasie vir haarself te maak deur te doen presies waaroor sy mal is en uit te blink daarin. Hierdie opname ingenieur het nie net twee Grammies vir haar werk gewen nie, maar ook ‘n Emmy as ‘n komponis en musiek toesighouer vir die dagreeks Guiding Light.

Daniels is ook bekend vir haar omvattend werk op ander TV stories soos World News Tonight, 20/20, MTV en vir haar werk in Broadway musiekblyspelle soos The Producers en Flower Drum Song.

Haar Oos Hampton opname spasie, MonkMusic Studios is genomineer vir ‘n TEC toekenning en is die tuiste van bekende produksies soos Beyonce se God Made You Beautiful. 

Anders as ingenieurswese, het Daniels al saam baie bekende kunstenaars gewerk soos Julie Andrews, Alec Baldwin, Paul McCartney, Chaka Khan en Sarah Jessica Parker.

5. Brinda Sreenivas

Brinda Sreenivas
Brinda Sreenivas

Toe Brinda Sreenivas, ‘n vryskut klank ingenieur van India, ingenieurs sien werk het agter groot klankborde in die agter die skerms tonele in musiek videos, het sy geweet dit wat sy wou doen met haar lewe.

Tot hierdie doel, het sy ‘n diploma in Klank Audio Ingenieurswese verdien en na gradeplegtigheid het sy ‘n geleentheid gekry om as ‘n studio ingenieur te werk. Dit het haar nie lank gevat om agter te kom dat dit nie vir haar was nie, en toe ‘n vriend wat ‘n teater produksie maatskappy besit haar vra om die klank vir ‘n vertoning te doen daardie aand, het sy gespring vir die geleentheid.

Dit het uit gedraai dat live vertonings meer haar koppie tee was, en Sreenivas het haar studio werk opgegee om ‘n internskap by die teater te vat totdat hulle haar uiteindelik die werk aangebied het om hulle binnehuis se ingenieur te word.

Sy werk nou as ‘n live klank ingenieur vir die laaste drie jaar, en spesialiseer in front of house, en is meer gelukkig as ooit tevore.

6. Lenise Bent

Die Amerikaanse Lenise Bent het die onderskeiding van een van die eerste vroulike opname ingenieurs. Nadat sy klaargemaak het by die Sound Masters Recording Institute in Los Angeles, VSA, is Bent aangestel as ‘n assistent ingenieur by The Village Studios.

Sy het haar pad opgewerk na ingenieur, en het met baie bekende kunstenaars gewerk, insluitende Steely Dan, Supertramp en Fleetwood Mac, en was die eerste vrou wat ‘n platinum album ontvang het vir die ontwerp van Blondie se AutoAmerican.

Sy het toe hoof ingenieur geword vir vervaardiger Mike Chapman, en het met verskeie kunstenaars gewerk insluitende Blondie, Cher, The Knack en Suzi Quatro, en het opgeneem by studios soos The Record Plant Sausalito, Air London en United Western.

Bent het uiteindelik aan beweeg na post produksie mixing, redigering en toesighouding, waar sy steeds werk met alle tipes audio van musiek tot stemme, ADR en foley. Sy het regoor die wêreld gereis vir Dreamworks waar sy vocals en dialoog produseer het vir hul buitelandse taal weergawes van films insluitende Shrek en Shrek 2

Vandag is Bent ‘n gesogte lektor by kolleges regoor die land. Sy hou werkswinkels en konsulteer met sangers en liedjieskrywers om basiese opneem tegnieke te leer.

7. Karrie Keyes

Karrie Keyes is ‘n Amerikaanse klank ingenieur wat meer as twee dekades spandeer het op monitering van klank vir van die grootste name in rock musiek, insluitend Pearl Jam en die Red Hot Chili Peppers.

Keyes het haar geleentheid gekry op 18 na ‘n kans ontmoeting met ‘n klank ingenieur by ‘n Black Flag konsert. Hy het haar ‘n werk aangebied by sy maatskappy, Rat Sound, die klank maatskappy wat saam Black Flag getoer het en ook ‘n klomp ander So Cal punk rock optredes gedoen het.

Daar het Keyes onder begin en trokke met PA systeme op en af gelaai en het allerhande optredes gedoen van punk rock tot gospel en alles intussen. Dit het haar die geleentheid gegee om al die gereedskap te leer, hoe alles werk en hoe om probleme op te los en het haar gereed gemaak vir die volgende jare as ‘n mixing en front of house ingenieur.

Keyes is die medestigter van SoundGirls, ‘n organisasie toegewy aan bemagtiging van die volgende generasie van vroue in audio.

8. Missy Elliott

licensed under the Creative Commons Attribution-Share Alike 40 International
lisensieer onder die Creative Commons Attribution-Share Alike 4.0 Internasionaal 

Almal ken Missy Elliott vir haar enorme talent as ‘n rapper en danser, maar wat baie mense nie weet nie, is dat Elliott ook vir haarself ‘n naam gemaak het in die musiek industrie as ‘n vervaardiger.

Een van die min vroulike vervaardigers in pop musiek, Elliott het gesê dat as sy ‘n man was, sou meer mense geweet het van die liedjies wat sy geskryf of produseer het vir ander talentvolle mense soos Whitney Houston, Beyonce, Mary J. Blige en Aaliyah. 

‘n Vyf keer Grammy wenner haarself, Elliott se agter die skerms produksie werk het haar verskeie top posisies op die Billboard lys gegee vanaf 2008.

Liedjies wat deur haar geskryf of produseer is – vir Fantasia, Jennifer Hudson, Monica, Keyshia Cole and Jazmine Sullivan – het almal Grammy nominasies ontvang.

9. Sherry Klein

Sherry Klein
Sherry Klein

Emmy-nomineerde, her-opname mixer Sherry Klein onthou hoe sy geïnteresseerd geword het in klank terwyl sy by die 2-track studio gekuier het by Berklee in Boston. Sy het ‘n werk gekry by Hub Recording Studios waar sy foon oproepe geneem het totdat sy uiteindelik toegelaat is om ‘n assistent ingenieur te word.

Nadat sy verhuis het na LA in die laat 1970’s om voordeel te kry van die vooruitstrewende opname industrie, het Klein ‘n werk gekry as ‘n opname ingenieur by Larrabee Studios en het een van net ‘n paar vroulike ingenieurs in Los Angels geword.

Sy gee krediet aan rekordprodusent, Kim Fowley wat haar ondersteunende mentor geword het en vir haar haar eerste solo album gegee het met ‘n vroulike groep, The Orchids vir MCA Records sowel as haar tweede en derde albums ook.

Toe die opname industrie in die laat 80’s afgeneem het, het ‘n vriend wat ‘n audio mixer vir TV was, haar gevra om vir hom in te staan terwyl hy op vakansie was.

Hierdie werk het ‘n nuwe hoofstuk in Klein se lewe oopgemaak, waar sy begin het met audio post produksie werk vir TV. Deur die jare het sy vir bekende stories soos Bull, Queen of the South, Burn NoticeSons of Anarchy, Falling Water, The Shield en Arrested Development gewerk.

Vandag is Klein ‘n her-opname mixer by ‘n audio produksie maatskappy met die naam Smart Post Sound.

10. Claudia Engelhart

Live klank ingenieur Claudia Engelhart het al saam met ‘n benydenswaardige nommer kunstenaars gewerk van die Oos tot die Wes kus van die VSA.

Engelhart het haar live klank beroep begin by die legendariese jazz kamer Keystone Korner in San Francisco toe sy deur haar klank man, Milton Jeffries gementor is.

Sy het verhuis na New York en het begin werk by nog ‘n legendariese plek, Country Blue Grass en Blues Club (CBGB) waar sy die vaardigheid aangeleer het om vinnig met sewe groepe te werk met baie verskillende style in 20 tot 30 minute opstel tyd elke aand.

Na CBGB het sy aanbeweeg na Sounds of Brazil. Terwyl sy daar was, het die Knitting Factory haar ingeroep om die nuwe groep, Naked City te mix.  Dit was so goeie opset dat st saam met hulle getoer het deur die vroeë 90’s en het saam met die groep se kitaar speler, Bill Frisell, gewerk as sy front of house ingenieur.

Behalwe vir haar werk saam die groep en Frisell, het Engelhart ook saam met verskeie bekende kunstenaars getoer gedurende haar loopbaan, insluitende Michael Brecker, Herbie Hancock, Ryuichi Sakamoto, Grover Washington Jr., Laurie Anderson en John Scofield. 

Afsluiting

Hierdie vrouens verteenwoordig net ‘n klein gedeelte van die talentvolle en suksesvolle vrouens in audio produksie. Ek is seker jy het jou eie idees van wie hier ingesluit moes word, so voel asseblief vry om ‘n aanmerking te los end eel jou eie gunstelinge met ons.

En as jy meer wil leer oor vrouens in audio produksie of hoe om self as ‘n vrou deel te word van die industrie, besoek gerus SoundGirls.org of kyk na Women in Audio.

Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.