Unlimited royalty free music tracks, footage, graphics & courses! Unlimited asset downloads! From $16.50/m
Advertisement
  1. Music & Audio
  2. Mixing & Mastering
Music

As Dit Goed Klink, Is Dit Goed

by
Length:ShortLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

Om Hierdie Aanhaling te Verduidelik

Ek het lank terug hierdie audio aanhaling gehoor, meer as eens, vanaf verskillende mense. Deur die jare, soos ek meer ervare geword het, het ek dit meer en meer begin verstaan. In hierdie handleiding gaan ek die mense agter die gesegde bekend maak, asook die betekenis en die praktiese kant van audio mixing.

Storie

Hierdie gesegde kom van Duke Ellington en Joe Meek af.

Ellington was ‘n bekende Amerikaanse jazz musikant en Robert George “Joe” Meek ‘n Britse produsent en ingenieur. Hulle is altwee belangrike figure in die 20ste eeu se musikale geskiedenis.

‘n Interessante feit is dat redelike bekostigbare audio gereedskap, produseer deur PMI Audio Group, is onder die Joe Meek handelsnaam.

Klank en Emosies

Gedurende mixing, is die emosies, die storie vertelling en die algehele klank die belangrikste dele. Ons kan besluite neem gebasseer op hierdie punte.

In die proses gebruik ek beide emosionele en tegniese gehoor. Ek mix ‘n stadige ballade baie anders as ‘n metal, dub-step of drom en bass spoor.

Byvoorbeeld, ek kan dalk besluit om ‘n laer pas filter op verskeie spore te gebruik om die klank sagter te maak en om hulle ‘n warmer karakter te gee.

Vir kuier musiek, sal ek verskillende vorms van distorsie gebruik. Kleiner of groter bedrae van saturasie hang van en die styl en die sub-genre af.

Mix Console
Gebruik die klankbord om emosies te vorm, nie net klank nie

Gehoor

“Deesdae gebruik min mense hulle ore… amper almal komponeer met hulle oë” – msl, gearslutz.

Tegniese gehoor word beter en beter met ontwikkeling deur die jare. Ek kan baie meer besonderhede en foute in musiek hoor as vyf of tien jaar terug.

Hierdie gehoor kan ontwikkel word. Daar is sagteware spesifiek vir hierdie doel wat jy op die internet kan kry. Soek daarvoor deur die term oor opleiding te gebruik.

“Wie het gesê dat jy daardie spoor moet sny met ‘n EQ by 3597 Hz?” – chrisso, gearslutz.

As jy nie seker is van jou tegniese gehoor nie, of jy kan net nie besluit wat om te doen nie, dan moet jy self-ontwikkeling oorweeg.

Wees geduldig met jouself omdat hierdie ‘n belegging is en dit vat baie lank om te oefen. Hierdie vaardigheid help om die proses te bemeester.

Eksperimentering

Laat kreatiwiteit toe om vrylik te vloei en eksperimenteer met verskillende of eksentrieke idees.

Dit is nie die moeite werd om na te veel onderwerpe in forums te soek nie. In plaas daarvan, eksperimenteer wat jy kan doen met daardie kompresser of equaliser, wat die effekte is en hoe dit die klank verander.

Werk onafhanklik. Kry ‘n gevoel vir eksperimentering, die effek daarvan en die verrassings.

In baie gevalle is daar geen reëls oor hoe ‘n instrument moet klink nie. Daar is nie ‘n bybel vir mixing, vir hoe om te equalise of die skop van ‘n akoestiese drom te kompress nie.

En daar is ook nie offisiële polisie of regter nie. Maar hierdie vryheid kom saam verantwoordelikheid. Die gehoor en professionele wil altyd die musiek beoordeel. Hoe dit klink sal bepaal of hulle daarvan hou.

Monitering en Akoesties

Miskien klink dit fantasties op monitor luidsprekers. Kyk of dit op oorfone en skootrekenaars net so goed klink.

Kyk ook na kuierplekke en feeste. Met ‘n verskeidenheid gereedskap kan jy ‘n beter ingenieur word.

Subjektiwiteit en Objektiwiteit

Iemand kan die gesegde gebruik vir self-regverdiging. In hierdie geval, kan die persoon die musiek en die klank misinterpreteer.

Miskien hoor ‘n DJ hul musiek as iets wonderlik, maar dit kan algemeen of selfs swak wees. Om jou gehoor te ontwikkel en om objektief te wees is vaardighede wat jou kan help om hierdie probleem te vermy.

Gebruik Verwysings Musiek

Om subjektiwiteit te vermy, moet jy die musiek vergelyk met verwysings spore. Hierdie is ander stukkies musiek in dieselfde genre wat ‘n goeie klank het.  Probeer om ‘n soortgelyke genre en sub-genre hiervoor te gebruik. Die klank ontwerp moet ook soortgelyk wees.

As dit goed klink, stabiel is en ‘n soortgelyke gevoel gee as daardie verwysings spore, kan jy self-vertroue daarin hê. Indien nie, kan jy dit nog steeds verander. Met tyd sal dit beter klink hoe meer jy eksperimenteer, ontwikkel en ervaring opdoen.

Picture of a Studio
Gebruik die beste moontlike luidsprekers en omgewing wat jy kan bekostig.

Oorsig van Musiek Stadiums

Voor mixing of post produksie, benodig jy hierdie vir die kwota om geldig te wees:

  1. Goeie komponering
  2. Goeie klank ontwerp
  3. Goeie opname

Opsomming

  1. Gedurende mixing moet jy besluite neem gebasseer op emosies en klank
  2. As jy die gevoel en storie verstaan, kan jy dit aanvoel in die musiek en is jy op pad na die eind lyn
  3. Gebruik jou ore. Beoordeel lae, mid en hoë klanke, die stereo breedte en die balans en ruimte. Hierdie is die drie dimensies van musiek
  4. Eksperimenteer. As jy oor iets nuuskierig is, moenie iemand anders se opinie soek nie. Probeer dit eers self oefen. Beoordeel die klank aanhoudend: as jy daarvan hou, moet dit seker goed wees
  5. Onthou, daar is geen reëls of regulasies nie, maar daar is beste praktyke. Daar is baie maniere om by dieselfde doelwit uit te kom
Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.