Unlimited royalty free music tracks, footage, graphics & courses! Unlimited asset downloads! From $16.50/m
Advertisement
  1. Music & Audio
  2. Composition
Music

11 Maniere om Onmiddellike Inspirasie te Kry vir jou Volgende Komposisie

by
Difficulty:BeginnerLength:MediumLanguages:
This post is part of a series called Songwriting & Composing: From Inspiration to Execution.
How to Kill Writer's Block & Start Composing Now
How to Score Comedy

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

In ‘n onlangse handleiding het ek gepraat oor hoe om uit skrywers blok uit te breek van buite af in.  In hierdie handleidig gaan ons elf tegnieke ontdek wat jy kan gebruik om gereeld nuwe idees te genereer van binne af buitentoe.

Verbeel jou iemand wie jy nog nooit ontmoet het nie loop na jou toe op by ‘n kuier en sê, “Vertel my ‘n storie.”  Jou eerste reaksie sal seker wees, “Uhm…” terwyl jy probeer dink aan iets om te sê.

Nou in plaas daarvan, verbeel jou hulle het gesê, “Vertel my ‘n storie van die eerste keer wat jy leer bestuur het.”  Nou sal jy waarskynlik aan iets kan dink om te sê.  Selfs al is dit nie die interessantste storie wat jy kan vertel nie, die wenk sal jou genoeg gee om jou storie vertelling aan die gang te kry.

Die leë bladsy kan ‘n skywer se ergste nagmerrie wees, maar in ‘n professionele situasie kan jy nie wag vir weerlig om te slaan nie.  Dis hoekom dit beter is om met enige iets te begin as wat dit is om niks te doen nie.  Die eenvoudige ding is om vir jouself ‘n wenk te gee.  Enige wenk.

Hier is elf maniere hoe jy dadelik ‘n wenk kan skep vir jouself om te begin skryf aan jou volgende liedjie.


1. Ritme: Vanaf Taal

Van al die tegnieke waarna ons gaan kyk, is my gunsteling om ‘n ritme te skep met woorde.  Gebruik beide die natuurlike ritme en die aksente om of ‘n motief of selfs ‘n hele frase te skep.

Byvoorbeeld, as die word “Audiotuts” sê, kan jy dit in ‘n ritme soortgelyk aan een van hierdie sê:

1 Audiotuts

Nou, in plaas van ‘n leë bladsy, het ek al klaar iets om mee te werk.  Deur net die ritme van “Audiotuts” te gebruik, help dit my al klaar met ‘n paar idees:

2 Audiotuts A

3 Audiotuts B

‘n Pret manier om te besluit watter woorde om te gebruik is deur iets te kies wat soortgelyk is aan jou onderwerp.  Miskien is jy besig om ‘n rolprent se musiek te maak, en probeer ‘n tema kies vir die Cyclops.  Vir my, om die woorde “The Cyclops” te sê, klink so:

4 The Cyclops

Ek sal daardie ritme gebruik en ‘n idee kry vir die Cyclops se tema:

5 Cyclops Theme

Omdat daar geen regte betekenis agter die karakter se naam is nie, kan dit net so opwindend wees om ‘n ewekansige seleksie van woorde te kies.  Byvoorbeeld, ek het by Reddit “Ewekansig” gekies en na ‘n ewekansige opskrif gegaan.  Die eerste opskrif wat opgekom het was, “Hierdie moet realiteit word,” wat die volgende ritme maak:

6 Reality

Ek sal die ritme gebruik om aan ‘n paar idees te dink:

7 Reality A

8 Reality B


2. Ritme: Vanaf ‘n Ander Liedjie

Nog ‘n plek om ritme te kry om mee te begin, is ander musiek.  As jy bekommerd is oor steel, kies ‘n styl wat heeltemal anders is as wat jy probeer skryf.  Die punt is nie om die ander liedjie te steel nie, maar net om ‘n idee te kry.

Byvoorbeeld, kom ons sê ek probeer ‘n hartseer klavier deel skryf en ek kan net nie aan iets dink nie.  Ek spring sommer op YouTube, en die eerste liedjie wat ek kry is Robin Thicke se Blurred Lines, en die eerste vocal lyn in die vers het die volgende ritme:

9 Blurred Lines

Dis al wat ek nodig het om aan ‘n idee te begin dink:

10 Blurred Theme


3. Harmonie: Twee Akkoorde

Onthou dat die hoof doel hier is om jouself ‘n wenk te gee, iets definitief waarvan af jy kan werk.  ‘n Maklike tegniek is om twee akkoorde te kies as jou begin, deur of jou eie twee kies waarvan jy hou, of om dit ewekansig te kies.

Deur ‘n dobbelsteun te gooi, het ek by die akkoorde Emin tot Cmaj7 uitgekom.  Nie die eksotieste kombinasie nie, maar ek kan daarmee werk. Dis soortvan interessant omdat drie uit vier van die note in ‘n Cmaj7 akkoord reeds dieselfde is as die Emin.

So, met hierdie as die klei om mee te speel, kan ek met iets soos hierdie op kom:

11 2 Chords


4. Harmonie: ‘n Unieke Harmonie

Studente het my al vertel, “Ek het nog nooit ‘n aangevulde akkoord gebruik nie.”  Well dan gebruik een!  Kies ‘n harmonie wat nuut voel of waarvan jy al gehoor het maar nog nooit mee gespeel het nie.

As ek besluit om akkoorde te gebruik wat op vierdes gebou is, kan ek dalk improviser op die klavier en iets soos hierdie kry wat tot baie moontlikhede kan lei:

12 4ths

Of ek sal selfs daardie “ongebruikte” aangevulde sewende akkoord gebruik:

13 Aug7


5. Harmonie: Spesiale Progressie

In dieselfde manier wat twee ewekansige akkoorde jou by ‘n interessante pad kan aflei, kan ‘n akkoord progressie met ‘n logiese ritme ook idees genereer.

Byvoorbeeld, ek mag dalk besluit dat ek ‘n akkoord progressie met ‘n afnemende chromatiese skaal in die bass wil hê:

14 Chromatic

Of dalk voor ek begin skryf besluit ek dat ek net minor akkoorde wil gebruik, en elke akkoord moet ‘n noot in gemeen hê met die een wat voor dit gekom het:

15 minor common tone

Deur jouself te beperk tot sekere logika, gee jy jouself ‘n soliede struktuur waar jy kreatief kan wees.


6. Toonhoogte: Kies Enige Interval

Dit klink eenvoudig omdat dit is, maar dit werk.  Jy besluit net vir jouself, “Ek gaan begin met ‘n C wat na ‘n A toe gaan,” en dan kan jy uitbrei op die moontlikhede.

So, as ek moet begin met daardie twee note, kan ek idees soos hierdie kry:

16 CA A

17 CA B


7. Toonhoogte: Kies ‘n Interval met Waarde

In sy boek “Die Taal van Musiek,” kyk Deryck Cooke na die idee dat party intervalle inherent emosionele kwaliteit het.  Byvoorbeeld, die majeur derde is gelukkig, die perfekte vyfde is sterk en stabile, ensovoorts.

As jy skryf vir ‘n programmatiese rede en jy het ‘n sekere bui nodig, is dit ‘n goeie idee om te begin by die interval wat daardie bui voorstel.

Byvoorbeeld, die minor sesde kan ‘n hartseer verlangende kwaliteit skep, so as ek myself laat begin met die melodiese interval, kan ek begin met ‘n paar idees:

18 m6 A

19 m6 B


8. Toonhoogte: ‘n Unieke Skaal

Die verveelige majeur skaal kan baie verlange los wanneer jy na inspirasie smag.  Gelukkig is daar baie ander opsies beskikbaar, en jy kan een kies wat iemand anders opgemaak het, of selfs jou eie een opmaak.

Dalk weet ek dat ek iets donker wil hê, so ek sal eksperimenteer met die Phyrgian mode:

20 phrygian

En kom op met:

21 phrygian theme

Of ‘n Lydian b7 skaal:

22 lydian b7

En ek sal seker maak om die uniekheid van die #4 en b7 te beklemtoon:

23 lydian b7 theme


9. Timbre: Gebruik Onbekende Instrumente

As jy glad nie sukkel om aan musikale ideas te dink nie, maar jy kry nie inspirasie nie, probeer vir ‘n instrument skryf waarmee jy nog nooit gewerk het nie. 

Het jy al ooit vir ‘n trekklavier geskryf?  Wat van ‘n balalaika?  Probeer na ‘n paar klassieke voorbeelde luister van daardie instrumente in hul natuurlike styl.  Miskien is ‘n bietjie polka nie elke oggend op jou speellys nie?

Die nuwe klanke mag dalk genoeg wees om jou verbeeldings aan die gang te kry.  Jy kan baie pret hê, of deur te probeer skryf vir ‘n styl wat jy nie ken nie, of deur te kyk hoe jy daardie nuwe klank by jou huidige styl kan aanpas.


10. Timbre: Nuwe Instrumentele Tegnieke

Die viool kan baie meer doen as net legato of staccato speel. Het jy al ooit ‘n deel vir snare geskryf deur net pizzicato te gebruik?  Wat van col legno vir ‘n ritmiese tegniek?

Wanneer jy moeg word vir dieselfde klanke, kry ‘n orkestrasie boek, of selfs beter, kry ‘n instrument in die hande en begin betekenisvolle klanke daarmee maak wat jy nog nooit gehoor het nie.

Image via PhotoDune
Prentjie deur PhotoDune

11. Timbre: Blaai deur Patches

Hierdie is seker een van die algemeenste metodes wat alreeds gebruik word!

Hierdie een werk elke keer vir my wanneer ek geen idee het hoe om te begin met ‘n nuwe stuk nie.  Gryp ‘n plugin (verkieslik een wat jy nie gereeld gebruik nie) en blaai deur patches. Dit lei oor die algemeen dadelik na nuwe oulike idees.

Wees gewaarsku: Hierdie is ‘n vinnige pad na uitstelling.  Jy kan met die synth speel vir ure sonder om eintlik enige musiek te maak.  Dit is hoekom ek die timbre afdeling tot laaste gelos het, want die ander metodes is baie meer waarskynlik om jou te kry om regte musiek te skryf.

Sodra jy iets kry wat jou aandag vang, klim van die sagteware a fen begin skryf!


Afsluiting

Jy mag dalk agterkom dat ek al die materiaal van elk van hierdie tegnieke behandel asof hulle iets is om mee te speel.  Hierdie is veronderstel om pret te wees, en om oënskynlike arbitrêre beperkings op jouself te sit, kan musiek skrywing in ‘n speletjie verander.  En om ‘n speletjie te speel is baie lekkerder as om te werk!

Jy het dalk ook agtergekom dat deur die loop van hierdie artikel het ek aan ‘n ton idees vir nuwe musiek gedink.  Party is beter is ander, maar selfs as geen van hierdie werk nie, kan ek nog ‘n paar dosyne uit kry sonder om te sukkel.

Of jy nou een van hierdie spesifieke metodes gebruik om idees te kry, of met jou eie vorendag kom, dit maak nie saak nie.  Die belangrike gedagte wat jy van hierdie handleiding moet vat is dat niks kom van niks af nie.  As jy iets wil skep, moet jy met iets begin!

Waar gaan jy vir inspirasie?  Vertel ons in die kommentaar wat vir jou werk wanneer ‘n leë bladsy jou in die gesig staar, en die put droog voel.

So, jy het jou aanvanklike idee.  Nou, spring aan die werk!

Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.