Students Save 30%! Learn & create with unlimited courses & creative assets Students Save 30%! Save Now
Advertisement
  1. Music & Audio
  2. Microphones
Music

12 Redes Hoekom Jy Die Mikrofoon by die Sanger moet Aanpas

by
Length:ShortLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

In meeste moderne style van musiek, is die vocals die sleutel. As die stemme nie reg klink nie, trek dit jou aandag af.

As ‘n musikant kan jy dalk die individuele dele van ‘n liedjie hoor. Die dromme wat die beat neerlê. Die bass wat die groove gee. Die kitaar wat die harmonie verskaf.

Maar meeste mense – jou ondersteuners – hoor niks behalwe die vocals en die melodie nie. 

Hoe om die Vocals Asemrowend te Laat Klink...

… selfs voor jy begin mix. Dis omdat die vocals op ‘n spoor goed moet klink.

So hoe kry jy die beste moontlike klink met die gereedskap wat jy alklaar het?

Ja, jy kan EQ, kompressie en ander mixing tegnieke gebruik om jou vocals duidelik, warm en professioneel te laat klink.

Maar een klein veranderlike kan jou vocals van amateur en plat verander na ryk en professioneel. Tog kyk so baie mense verby dit!

Daardie klein veranderlike is mikrofoon keuse.

Jy moet tyd aan die begin van elke sessie spandeer om verskillende mikrofone te probeer. Vind die een wat die beste werk vir die sanger wie jy opneem. Hierdie geld ook wanneer jy voice overs doen. Hier is 12 redes hoekom… 

1. Kry ‘n Goeie Klank voor Jy Aan EQ Raak

Wanneer jy tyd spandeer om die regte mic te kry, kry jy ‘n goeie klank by die oorsprong. Dieselfde geld vir tyd spandeer op mikrofoon plasing.

En wanneer jy vroeg al ‘n goeie klank het, word EQ ‘n keuse eerder as ‘n noodsaaklikheid.

Pro Tools EQ Plugin

2. Voeg Meer Karakter en Mojo by

Dink aan watter element van die sanger die meeste aangenaam of uniek is, en kies ‘n mikrofoon wat dit beklemtoon of komplimenteer.

Sê nou jy het ‘n manlike sanger met ‘n baie diep stem. ‘n Ou dinamiese mikrofoon kan daardie warmte beklemtoon en selfs meer diepte tot die stem verleen. Of ‘n condenser mag dalk benodig word om die diepte te komplimenteer en om dit bietjie minder bass te maak. 

Deur eksperimentasie met verskillende mikrofone, kan jy met die karakter van die sanger werk en hulle stem verbeter of kompenseer vir hulle foute.

3. Neem Vocals op wat Beter Sit in die Mix

As jy vocals opneem oor die finale weergawe – nie scratch tracks nie – kan jy ook in ag neem hoe die vocals werk saam die res van die mix.

‘n Dinamiese mic mag dalk help om ‘n hoë vroulike stem verder terug in die mix te sit en ‘n bietjie meer samehangend laat voorkom.

4. Kry Beter Optrede Vanaf die Sanger

Om ‘n beter klank aan die begin van die opname te kry sal die sanger beter laat voel oor hul optrede. Hierdie sal, in beurt, hul self-vertroue verbeter en lei tot selfs beter optredes.

Jy mag dalk ook die sanger help om hul eie stem beter te verstaan en leer watter mikrofone vir hulle werk. Wanneer dit by hulle volgende studio sessie kom sal hulle al klaar weet wat werk vir hulle en wat doen nie.

‘n Gelukkige sanger beteken beter opnames.

5. Dit Vat nie Lank om ‘n Paar Mikrofone op te Stel nie.

Stel verskeie mikrofone op wanneer jy voorberei vir die sessie (twee of meer). Daardie ekstra paar minute van werk kan die wêreld se verskil maak aan die finale liedjie. Jy het niks om te verloor nie.

In plaas daarvan om verskeie mikrofone uit te ruil om te toets, stel verskillendes op baie naby aan mekaar en neem dit op.

Luister saam met die sanger en besluit watter mikrofoon die beste klink.

Om op te neem met verskeie mikrofone

Elke Sanger is Anders

Sangers verskil grootliks in toon hoogte en karakter van stem. Geen twee sangers gaan ooit dieselfde klink nie. Moenie aanneem dat wat werk vir een gaan werk vir die ander nie.

Vind die mikrofoon wat die beste werk met hulle karakter en toon hoogte.

7. Elke Mikrofoon is Anders

Voeg ook by die feit dat elke mikrofoon ‘n kenmerkende reaksie kurwe het end at jy vinnig kan sien hoekom party kombinasies nie werk nie.

Somtyds sal die kurwe van ‘n mikrofoon met die sanger se stem saamstem, ander tye sal dit daarteen baklei.

Vind die mic wat die sanger beter laat klink, nie die een wat hulle erger laat klink nie.

8. Manlike en Vroulike Sangers Sing Gewoonlik in Verskillende Registers 

Mans sing gewoonlik in ‘n baie laer register as vrouens. Met die uitsondering van party gekastreerde 19de eeu manlike sangers (castrati… seriously).

Partykeer het jy ‘n condenser nodig om ‘n man meer duidelik te laat klink met minder bass. Ander kere het jy dalk ‘n dinamies nodig om ‘n vrou warmer en minder hard te laat klink.

Party mikrofone werk beter vir vrouens en ander vir mans.

9. Party Sangers is Meer Sibilant as Ander

Sibilance is die teenwoordigheid van te veel sss of ts klanke in ‘n opname.

Jy kan dit later verwyder met ‘n de-esser en ‘n bietjie chirurgiese EQ rondom 5kHz. Maar dit sal baie makliker wees om net ‘n dinamiese mikrofoon te probeer.

Condenser mikrofone is meer sensitief met hoë frekwensies en sal meer van daardie irriterende klanke op tel.

Gebruik eerder ‘n dinamiese mikrofoon. So lank as wat dit nog steeds die vocals komplimenteer en op die regte plek in die mix sit. 

10. Party Sangers Beweeg Baie Rond

‘n Goeie optrede is die sleutel tot ‘n goeie vocal opname… en ‘n goeie liedjie. Somtyds moet jy doen wat okal nodig is om die beste moontlike optrede uit die sanger te kry. 

In sommige gevalle beteken dit dalk om op luidsprekers te monitor eerder as deur oorfone. Ek het dit in baie gevalle al gedoen, en meeste sangers is absoluut mal daaroor – maak net seker jy gebruik ‘n cardioid.  

In baie gevalle beteken dit om vir die sanger ‘n draagbare mikrofoon te gee, sodat hulle rond kan spring sonder om bekommerd te wees oor die afstand van die mic. 

Dis nie ideaal nie, end it gewoonlik net vir ‘n live opname of ‘n besonderse energieke groep. Maar dis nog steeds ‘n goeie rede om die mic by die sanger aan te pas.

As jy ‘n eksentrieke heavy-punk sanger voor ‘n tube condener sit, gaan jy nie die mees konsekwente opname kry nie.

Partykeer is 'n draagbare mikrofoon nodig

11. Partykeer Help die Proximity Effek… of dit Doen nie.

Cardioid mikrofone oordryf bass frekwensies wanneer hulle naby aan ‘n klank oorsprong is. Hierdie is die proximity effek.

As jy meer bass wil byvoeg, gebruik ‘n cardioid mikrofoon en kom naby en intiem. As jy nie doen nie, gebruik ‘n omni-rigting mic omdat hulle nie onder die proximity effek ly nie.

12. Jy kan die Mic by die Kamer Aanpas

Sowel as om ‘n mic te kies wat by die sanger werk, moet jy in ag neem of die mic reg is vir die kamer waarin jy opneem is.

As jy by die huis opneem, gebruik ‘n dinamiese cardioid. As jy in ‘n kamer is wat goed klink, gebruik ‘n omni-rigting condenser. 

Afsluiting

Om die regte mikrofoon te kies vir ‘n sanger kan die wêreld se verskil maak. Daardie ekstra paar minute wat spandeer word aan die begin van ‘n sessie om verskillende mikrofone op te stel en te toets kry jou soveel nader aan die perfekte vocal opname.

Ek sal voorstel dat jy vir jouself uitvind hoeveel verskil dit maak met hierdie eenvoudige aksie stappe:

  1. Stel twee of meer mikrofone op langs mekaar. Kry hulle so naby as moontlik aan mekaar sonder dat hulle aan mekaar raak.
  2. Neem die vocals op vanaf al die mikrofone op dieselfde tyd. Dit elimineer verskille in die optrede en afstand om vir jou ‘n akkurate vergelyking te gee.
  3. Luister na elke mikrofoon op ‘n slag en vat notas op hoe elke een klink. Gee dit ‘n gradering uit 10 op die volgende kwaliteite: Karakter, Kamer Klanke, Mix samehangendheid en Dinamiese Konsekwentheid.
  4. Tel die tellings bymekaar en kies die beste mikrofoon.

Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.