Unlimited royalty free music tracks, footage, graphics & courses! Unlimited asset downloads! From $16.50/m
Advertisement
  1. Music & Audio
  2. Music Theory
Music

5 Vinnig en Maklike Musiek Teorie Tips vir Elektroniese Musiek Vervaardigers

by
Difficulty:IntermediateLength:MediumLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

Vir baie Elektroniese Musikante, is die idee van musiek teorie leer nogal uitdagend.

Almal sê jy moet die teorie agter die musiek eers leer en dit dan toepas op jou produksies, maar jy mag dalk nie weet waar om te begin of wat relevant is vir elektroniese vervaardigers nie.

Dit los elektroniese vervaardigers frustreerd en verlore. 

Dis hoekom ek ‘n lys gemaak het van die vyf belangrikste musiek teorie tips wat jy onmidellik kan implementeer met net ‘n basiese verstand van musiek teorie.

Hierdie mag dalk nie die enigste beginsels wees van musiek teorie wat jy moet leer nie. Maar ek het gevind dat hulle die mees relevant en nuttig is vir die vervaardiging van elektroniese musiek.  Hierdie tips is veronderstel om jou opgewonde te maak om vanaf hierdie handleiding na ‘n DAW toe te gaan met die kennis van hoe om goeie musikale stukke te maak sonder raai werk.

Daar sal ‘n aangenome kennis van baie basiese musiek teorie in hierdie artikel wees, van onderwerpe soos skaal grades drieklanke en skale.

1. Oktaaf Verdubbeling

Die verdubbeling van oktawe is een manier van harmonië skep wat professioneel klink.

Dink so daaraan. ‘n Orkes sal piccolos en fluite hê wat note in baie hoë registers het, snaar instrumente wat in die middel en lae registers speel, en dubbel basse en tubas hê wat note in baie lae registers speel.  

Om hierdie dik harmoniese ryk klank in jou produksies te kry, verdubbel jy die note ‘n oktaaf op of af.

Die beste note om te verdubbel is die kern noot en die vyfde interval of die derde noot in die drieklank omdat hulle die koord sy identiteit gee.


A C-Major chord with the first and third note doubled an octave up and down
'n C-Majeur akkoord met die eerste en derde noote verdubbeld in 'n oktaaf op en een af

Vat dit ‘n stap verder en maak selfs meer timbrale belangstelling vir jou klank deur hierdie verdubbelde oktaaf note te vat en hulle op aparte synths of regte instrumente te sit.

2. Drieklank Inversies 

Wanneer jy slegs drieklank progressies speel, kan die musikale beweging soms styf voel.

Die hoof rede hiervoor is dat drieklanke in kern vorm vervelig raak en ook moeilik is om te speel met al die op en af bewiging op die sleutelbord.

Daar is ‘n oplossing vir hierdie, en dit is inversies.

'n Drieklank inversie is gemaak deur die laagste noot van jou kern akkoord te vat en dit 'n oktaaf op te skyf.

Maar daar is twee tipes inversies vir drieklanke. Die eerste inversie en die tweede inversie. 

Om die laagste noot van die wortel koord te vat en ‘n oktaaf op te skuif gee vir jou die eerste inversie en om die laagste noot van die eerste inversie koord ‘n oktaaf op te skuif gee vir jou die tweede inversie.

A C-Major chord and its two inversions
'n C-Majeur akkoord en sy twee inversies

Die volgende keer wat jy progressies uitskryf, probeer ‘n paar inversies om meer belangstelling en beweging te kry op jou liedjies.

3. Stem Leiding

Wanneer jy koord progressies skryf, jy wil hê dat die akkoorde ryk teksture het wat sterk emosies dra.

Jy kan dit reg kry deur die luisteraar se ore te flous om te dink dat daar baie drieklank spronge is wat kleiner klink.

Dit staan bekend as stem leiding.

Stem leiding is die proses van koord progressie skrywing terwyl jy die verhouding tussen opeenvolgende note van daardie koorde eenvoudig hou en om die behoorlike kwaliteit van die koorde te hou.

Om hierdie koorde te skryf, hou die rëels van allegemene toon hoogtes in gedagte wanneer jy beweeg van koord tot koord. Wat beteken, hou note dieselfde as hulle aan albei koorde behoort.

Byvoorbeeld, as ons in die skaal van C-Majeur is en ons wil stem leiding gebruik om van ‘n C-Majeur koord na ‘n G-Majeur koord te gaan, hou ons die kern noot, C, dieselfde.

As jy terug dink aan die wenk van inversies, sal jy sien dat die G-Majeur ‘n tweede inversie is.

Inversies is jou vriende wanneer jy met stem leiding werk, want hulle hou die kwaliteit van die koord dieselfde, maar laat bewinging toe in die oktawe om dit te laat lyk of kleiner spronge plaasvind.

A C-Major chord going to a F-Major chord without voice leading
'n C-Majeur akkoord wat na 'n F-Majeur akkoord toe gaan sonder stem leiding


A C-Major chord going to a F-Major second inversion chord with voice leading using the common tone C
'n C-Majeur akkoord wat na 'n F-Majeur tweede inversie gaan met stem leiding met die gedeelde toon C

As jy nie ‘n algemene toon in die koord waarheen jy wil spring het nie, hou dieselfde inversie van die vorige koord. Hierdie sal verseker dat alle note teen ‘n minimale afstand beweeg.

Ek sal nog ‘n voorbeeld gee met ‘n C-Majeur skaal.

Sê nou jy wou gaan van ‘n F-Majeur tweede inversie na ‘n G-Majeur (as hierdie ‘n F-Majeur was met geen inversie, sou die sprong na G-Majeur alklaar in die regte stem wees, omdat die sprong die minste moontlike beweging bevat en is dieselfde inversie).

Die sprong van die onderste note van die koord, C (onderste noot van die tweede inversie van die F-Majeur koord) na G is nogal drasties, so jy wil die gaping toemaak tussen die koorde. Jy wil note vind wat die kleinste sprong van C is, en dit is in die koord van G-Majeur.

Die noot wat hierdie pas is die D in die G-Majeur koord, wat die top noot van die drieklank is.

Om die D ‘n oktaaf te skuif, verooksaak dit die G-Majeur om ‘n tweede inversie koord te word, wat dieselfde tipe inversie is as die koord waarvan jy weg beweeg het.

Omdat daar geen algemene note in hierdie koorde is nie, kopiëring van hierdie inversie maak behoorlike stem leiding.

From an F-Major second inversion chord to a G-Major Chord without voice leading
Vanaf 'n F-Majeur tweede inverse akkoord na 'n G-Majeur Akkoord sonder stem leiding
From a F-Major second Inversion to a G-Major without voice leading
Vanaf 'n F-Majeur tweede inversie na 'n G-Majeur sonder stem leiding

Hier is ‘n F-Majeur tweede inversie koord wat na ‘n G-Majeur tweede inversie koord gaan met behoorlike stem leiding. Daar is geen algemenes note in hierdie koorde nie, so ons het die inversie van die vorige koord gekopieër om hierdie te kry.

Om te herhaal, gebruik stem leiding om ryk teksture te skep. Om hierdie te doen, hou note wat algemeen is in albei koorde op dieselfde posisie en volg die koord. As daar nie ‘n algemene noot is nie, dan hou dieselfde inversie om die noot beweging tot ‘n minimum te hou.

4. Sewende, Negende, Elfde en Dertiende Koorde

Suksesvolle en merkwaardige liedjies kan en is al geskep met net die gebruik van drieklanke, maar jy kan meer emosie en kompleksiteit by jou koorde voeg deur sevende, negende, elfde en dertiende koorde in jou progressie te gebruik.

‘n Sewende koord is ‘n koord wat bestaan uit ‘n drieklank plus a noot wat ‘n interval vorm van sewende bo die koord se kern.

A C-Major seventh chord
'n C-Majeur sewende akkoord

‘n Negende koord is ‘n sewende koord plus ‘n noot wat ‘n interval vorm van ‘n negende bo die koord se kern.

A C-Major ninth chord
'n C-Majeur negende akkoord

‘n Elfde koord is ‘n drieklank koord plus die vierde skaal grade.

A C-Major eleventh chord
'n C-Majeur elfde akkoord

Laastens, die dertiende koord is ‘n drieklank of sewende koord plus die sesde skaal grade.

A C-Major thirteenth chord
'n C-Majeur dertiende akkoord

Volgende keer wat jy akkoorde skryf, voeg ‘n paar van hierdie akkoorde by en hoor die kompleksiteit en bui verandering wat voorkom met die nuwe note.

As jy selfs meer kleure tot die palet wil voeg, dink terug aan die wenk op inversies. Inversies kan ook toegepas word op hierdie akkoorde, maar met selfs meer moontlike kombinasies.

In ‘n drieklank inversie, kan jy net twee keer invers voor jy weer terug kom na die selfde kern drieklank, maar met hierdie groter akkoorde, kan jy verby die tweede inversie gaan omdat daar meer note is. In die sewende akkoord, kan jy nou drie keer inversie gebruik op die koord.

C-Major seventh Chord and its three inversions
C-Majeur sewende Akkoord met sy drie inversies

Met negende, elfde en dertiende akkoorde kan jy vier inverse gebruik, afhangende of jy ‘n sewende bygevoeg het, of ‘n drieklank.

Die gebruik van hierdie akkoorde en hul inversies alleen laat jou toe om nuwe harmoniese moontlikhede te verken, so bou jou drieklanke op en begin hierdie ekstra note byvoeg.

5. Motiewe

Alle merkwaardige liedjies bestaan uit ten minste een herkenbare motief.

‘n Motief is ‘n klein deel van ‘n melodie wat herkenbaar is as gevolg van sy duidelike ritme en tema.

Dink aan die Mission Impossible tema liedjie. Die liedjie se sterk ritmiese identiteit maak dit so merkwaardig.

Hierdie is belangrik omdat die lead een van die belangrikste elemente van liedjie is omdat dit die meeste werkwaardig deel vir die luisteraar is. Dit is wat hulle gaan hum by hulself as jy ‘n catchy melodie geskryf het, so om seker te maak dat jy ‘n goeie melodie kan skryf is vreeslik belangrik tot die sukses van die liedjie.

Om ‘n oortuigende motief te skryf, werk daaraan om ‘n kenmerkende ritme eers te skryf wat maklik herkenbaar is. Hoe jy hierdie motief skep moet bepaal word deur die genre van musiek, die sleutel waarin jy is, of jy ‘n vinnige tempo wil hê og ‘n stadige ritme en die emosie wat jy probeer uitbeeld aan jou gehoor.

Nadat jy jou ritmiese patroon gekies het, is dit tyd om te begin skep deur melodiese intervalley by die note te voeg. 

Die een reël om te gebruik wanneer jy verskillende note kies vir jou ritme is om jouself die emosie te laat voel van die verandering in note. 

As jy enige emosie kan voel van die interval verandering, dan sal die luisteraar waarskynlik dieselfde voel. Weereens, jy moet ook die genre en die sleutel waarin jy is in ag neem.  Om na ander liedjies te luister wat kenmerkende en catchy motiewe het, sal jy ‘n beter idee hê oor hoe om een te skep. 

Hier is ‘n paar voorbeelde van liedjies wat goeie gebruik maak van motiewe:

  • All We Need (Autograf Remix)—Odesza
  • Ghosts n Stuff—Deadmau5 Firestone—Kygo
  • Alone—Marshmello

Afsluiting

Om musiek te skryf is heeltemal oor uitdrukking van idees en emosies in koorde, harmonieë en melodieë. As jy hierdie vyf wenke gebruik kan jy aan jou produksies meer diepte, belangstelling en opwinding verskaf, sonder om die eindelose bedrae van Teorie te leer.

Soos altyd, oefening is die sleutel hier. Moenie voel dat dit nodig is om enige te forseer nie. Hou aan melodieë en koord progressies skryf met hierdie wenke en jy sal begin om professionele musiek te ontwikkel wat jou liedjies na die volgende vlak sal neem. 

Die volgende stap is om oor opleiding te doen om hierdie wenke te komplimenteer. 

As jy weet hoe spesifieke note, intervalle en koorde klink en watter emosie hulle dra sal help om jou idee oor te dra na die luisteraar in ‘n meer gedetailleerde en effektiewe manier. Gaan kyk na hierdie uitstekende hulpmiddel vir oor opleidings oefening. musictheory.net 

Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.