Students Save 30%! Learn & create with unlimited courses & creative assets Students Save 30%! Save Now
Advertisement
  1. Music & Audio
  2. Audio Production
Music

Goedkoop en Maklike Maniere om die Klank van Jou Kamer te Verbeter 

by
Difficulty:BeginnerLength:MediumLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

As jy nou net eers begin met musiek of audio, is daar ‘n goeie kans dat jy nie kan bekostig om baie geld te spandeur vir akoestiese behandeling of ‘n studio ontwerper nie. Hier is ‘n paar dinge wat jy kan doen om die klank van jou kamer te verbeter op die kleinste begroting en ‘n bietjie moeite.

Wanneer dit kom by die bou van jou studio, of dit by die huis of iewers anders is, is daar baie opsies daar buite. So ver as wat die kostes gaan, jy kan net sowel sê daar is geen limiet! Hoe baie jy spandeer sal bepaal hoe goed jou studio gaan klink.

Maar wat as jy nou eers begin, en nie baie het om te spandeer nie? Dis presies waarvoor hierdie handleiding is.  Die idee hier is om die beste te kry met wat jy het om meet te werk. Meeste van wat ek hier noem, kos niks omdat dit meestal net beteken om dinge rond te skuif.

Basiese Aspekte van Studio Klank

In hierdie handleiding gaan ek niks van opname noem nie. Daar is min kans om ‘n geïsoleerde opname kamer te hê as jy net begin.  Waar jy sit en vervaardig of mix word gewoonlik ‘n beheer kamer genoem, en dis waarvan ek gaan praat van hier af.

Almal wie geïnteresseerd is om in audio in te kom verby die stokperdjie vlak, moet vir hulle ‘n audio koppelvlak kry en ‘n goeie paar studio monitors. As jy reeds ‘n rekenaar het, sal hierdie jou grootste belegging wees.  Vir die res van hierdie handleiding gaan ek aanneem dat jy alreeds hierdie drie basiese goed het. Maak seker jy handhaaf ‘n standaard vlak. Dit maak nie sin om ‘n $1,000 monitor en ‘n $99 audio koppelvlak te kry nie. Daar is goeie opsies vir beide in die $300 omgewing.

  • Gaan kyk na hierdie opsies vir ‘n paar goedkoper studio monitors by Sweetwater of Amazon teen $179-$300.
  • Hier is ‘n paar opsies vir ‘n audio koppelvlak in die selfde prys reeks by Sweetwater of Amazon.

Natuurlik, die een wat jy kies moet gebasseer wees op jou begroting en benodighede.

Noudat ons klaar is met die basis, kom ons beweeg aan. Hierdie handleiding sal opgedeel word in vier hoof areas:

  1. Plasing
  2. Simmetrie
  3. Isolasie
  4. Behandeling

1. Plasing

Ek behandel twee aspekte van plasing: die plasing van jou werkstasie teenoor die kamer, en die plasing van die monitors teenoor jouself.

Die ideaal is om jou werkstasie in ‘n reghoekige kamer te plaas. ‘n Vierkantige kamer het merkwaardige akoestiese nadele. (Kyk na “room modes” en “standing waves” as jy nuuskierig is.) Om probleme reg te maak in ‘n vierkantige kamer is baie moeilker en duurder.

Jou monitors moet na die langste muur kyk en moet ewe ver van die kant mure af wees. Die grootste rede hiervoor is eenvoudig: daar gaan refleksies wees, en hoe nader die agterste mure van die luidsprekers af is, hoe sterker gaan die reflekteerde klank wees.  As dit nie gesentreerd is tussen die kant mure nie, sal die refleksies onewe wees van links of regs.

Nou kom ons by die plasing van die monitors. Dit is ideaal om die monitors op oor vlak te plaas en moet ‘n gelykbenige driehoek met jou kop vorm. Gewoonlik moet hulle so drie tot vyf voet uitmekaar geplaas word.  Dit beteken ook dat jou luister posisie drie tot vyf foet van die monitors af moet wees. Die monitors moet ook ten minste agt duime weg van die naaste muur af wees.

As ‘n voorbeeld, as jy jou monitors vier foet apart plaas, moet hulle vier voet van jou luister posisie af wees.  Om elke monitor bietjie inwaards te draai om na jou ore te wys in plaas daarvan om reguit vorentoe te wys sal ideaal wees. Die posisie waarin jy sal sit, staan oor die algemeen bekend as die sweet spot.

Neem kennis: Om die monitors op oor vlak te kry, kan jy spesifieke ontwerpte studio monitor staanders kry, of as ‘n makliker, lae-koste alternatief, kan jy you boeke gebruik. 

2. Simmetrie 

Let op dat alles sover in perfekte simmetrie geplaas is. Dit is hoe belangrik simmetrie is teenoor klank.  Die plasing van die luidspekers teenoor mekaar en teenoor die gebruiker verseker ‘n goeie stereo image. Dit is baie belangrik terwyl mixing plaasvind, omdat dit sal help om ‘n beter klank te maak.

Maar, simmetrie kan baie verder gaan. Omdat klank golwe deur die lug reis, kan enige objek in hul pad, hul gedrag beïnvloed. Die twee algemeenste dinge wat kan gebeur is die klank golwe word absorbeer of weerkaats.  Om dinge eenvoudig te hou, sagte objekte sal klank absorbeer en harde oppervlaktes sal klank weerkaats. Jy absorbeer eintlik ook die klank. Gelukkig, as jy in die sweet spot sit, beteken dit dat jy in die minste indringende plek sit.

As jy na die ontwerp kyk van ‘n goed geboude, professionele beheer kamer, met al sy fantastiese akoestiese behandeling, sal jy die simmetrie agterkom.  Die ontwerp in ‘n studio moet altyd funksioneel wees. Byvoorbeeld, as jy ‘n bank agter in die kamer raaksien, is dit nie net om gaste te akkomodeer nie.  Dit is goed uitgewerk besluit omdat ‘n bank ook klanke absorbeer. Die bank agter in die kamer balanseer ook die werkstasie in die voorkant uit.

As jy probeer om dinge op te stel by die huis, is dit waar die bank of bed moet gaan. Om ‘n bank of bed teen een van die kant mure te hê, sal die simmetrie van die kamer heeltemal afgooi.

3. Isolasie 

Klank word gevorm deur vibrasies. Die klank wat by die monitors uikom, is die resultaat van ‘n vibreerende membraan. Enige ander vibrasie wat in die kamer plaasvind kan nogal baie pla en vreeslik nadelig wees tot die moniterings proses.

Om vibrasies te minimaliseer, moet alle oppervlaktes wat vibreer van mekaar geïsoleer word.

Byvoorbeeld, alhoewel naby monitors as boekrak of desktop monitors verwys word, as jy hulle eintlik op ‘n boekrak of desktop plaas, sal die oppervlak laat vibreer. Hierdie sal verdraaiing veroorsaak en ‘n addisionele bron van geraas maak.

Om die monitors te isoleer het jy een of ander vorm van padding nodig. Hier sale k voorstel dat jy ‘n klein belegging maak en ‘n paar monitor isolasie pads kry. Hulle is nogal goedkoop (minder as $50 vir ‘n pak) en bied waarde vir geld.

As jy monitor staanders gebruik, maak seker dat geen deel van die staander aan die tafel of enige ander objek raak nie. Wanneer moontlik, gebruik goed beskermde kabels om die sein van EMI en RFI te isoleer.

Neem kennis: Nog ‘n rede hoekom ek monitor isolasie pads voorstel, is omdat hulle dit moontlik maak om die monitors skuins te sit volgense jou ore. Gaan kyk na hierdie opsies vir monitor staanders en isolasie pads by Amazon.

4. Behandeling

Ek het hierdie onderwerp vir laaste gelos omdat behoorlike behandeling beteken jy moet materiaal koop. Die algemeenste vorms van behandeling is:

  1. Bass traps, om lae frekwensie opbou in hoeke te beheer.
  2. Absorbeerders, om mid-hoë frekwensies te absorbeer en om weerkaatsings te vermy.
  3. Diffusers, om weerkaatsings op te breek en te versprei

Om te weet waar om dit te installeer en hoeveel behandeling jy nodig het, gaan jy of professionele hulp benodig, of ‘n baie goeie sin van gehoor. Om net hierdie goed bondweg in jou kamer te sit gaan nie noodwendig jouk lank verbeter nie.  As ‘n eenvoudige voorbeeld, as jou kamer nie baie weerkaatsings het nie, gaan meer absorbeerders jou klank vermoor en alles in die kamer gaan dull klink.

As jy dink jou kamer het te veel weerkaatsings (byvoorbeeld as gevolg van te veel gepoleerde oppervlaktes, harde vloere, ‘n groot spiel of glas vensters) is daar ‘n paar eenvoudige dinge wat kan help om hierdie probleem te verminder:

  • Matte: Om weerkaatsings vanaf die vloer te beheer, sit matte in. Die hoeveelheid harde vloere jy bedek met matte sal bepaal hoeveel weerkaatsing daar oorbly. As jy te veel matte het en voel dat jou klank dood klink, verwyder ‘n paar matte uit die kamer uit.

  • Gordyne. Soortgelyk aan die die bogenoemde, bedek vensters met dik gordyne. Hulle sal die weerkaatsing wegsteek en ook klank absorbeer. Terwyl jy enige van hierdie goed doen, moet jy altyd simmetrie en balans in gedagte hou.  As jou venster net op die linker muur is, dink daaraan om dit uit te balanseer met absorbeerders aan die ander muur, of self snog ‘n gordyn wat net die muur toe maak.

Afsluiting

In hierdie handleiding het ons ‘n paar eenvoudige, goedkoop dinge genoem wat jou kan help om die beste te maak van die kamer wat jy al klaar het, en die gereedskap wat jy gebruik.  Meeste is of verniet om te implementeer of baie bekostigbare alternatiewe vir duur opsies. In tyd kan jy hierdie basiese konsepte en beginsels gebruik om jou studio op te gradeer.  

Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.