Unlimited royalty free music tracks, footage, graphics & courses! Unlimited asset downloads! From $16.50/m
Advertisement
  1. Music & Audio
  2. Music
Music

Hoe om die Kitaar Behoorlik Gehoor te laat Word in ‘n Band: Deel 2

by
Difficulty:BeginnerLength:ShortLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

In die vorige handleiding het ek gekyk na hoe die kitaar kompiteer met ander instrumentee in ‘n tipiese groep opset omdat frekwensies oorvleuel. 

Ek het ook oplossings geoffer soos:

  • Dink mooi voordat jy jou kitaar kies, omdat hout, pickups en so aan sukkel om gehoor te word.
  • Wanneer jy met ‘n ander kitaar speler werk, probeer die teenoorgestelde van hul opset doen, met betrekking tot kitaar, amp en so aan.
  • Stel die luidsprekers op dat hulle na jou kop wys.
  • Sit afstand tussen jouself en ander instrumente soos die dromme, keyboard ens.

In hierdie handleiding gaan ek die keuse proses en opstel van ‘n amp verduidelik.

Voor jy met die inset begin, dink aan die uitset.

Die Mees Vergete Deel van die Klank

Terwyl jy die regte kitaar kies, is die amp en effekte belangrik, maar soms vergeet mens van die luidspreker. Maar luidsprekers is mos luidsprekers, is hulle nie?

Verkeerd.

Ek het dit agter gekom by ‘n kitaar show toe ‘n Celestion demonstreerder tussen drie verskillende luidspreker kabinette verander het terwyl hy speel. Alhoewel hulle almal van dieselfde vervaardiger af kom, was die verskil tussen hulle soos dag en nag.

As jy ‘n goeie amp het, sal die luidspreker wat daarmee saam gaan heel moontlik van goeie kwaliteit wees. Indien nie, moet jy dink aan ‘n opgradering. Met die tipiese prys van £70 tot £150, is verbeteringe aan die toonhoogtes baie goedkoper as ‘n nuwe amp of kitaar.

Jy kan ure lank na frekwensie reaksies of grafieke staar, of argumente aanlyn lees oor die alnico teenoor ceramic magnete.

Die maklikste oplossing is om kitaar geluide te kry waarvan jy hou en ondersoek in te stel oor die luidsprekers wat hulle gebruik het.

As ‘n alternatief, gaan kyk op YouTube na kitaar luidspreker vergelykings. Maak seker jy luister deur goeie luidsprekers of oorfone om regtig die verskil te hoor. 

Kies ‘n Amp

In ‘n ideale wêreld is amps net amps – hulle moet almal dieselfde werk doen. As dit waar was, sou daar nie die vreeslike groot reeks van vervaardigers en modelle wees wat huidiglik bestaan nie.

Dit is waar dat party amps verskillende of meer afgeronde karaktereienskappe het.

Party handelsmerke het bekend geword met sekere style of sekere tone. Byvoorbeeld, wanneer ek Marshall sê, sal jy nie waarskynlik aan jou gunsteling jazz kitaar speler dink nie.

Die punt wat ek hier maak is, as jy ‘n seker klank ingedagte het, is sekere amps beter gepas as ander, en dit mag jou dalk help om die regte klank van die begin af te kry. Met dit gesê, moenie verlei word deur die handelsmerk nie – as dit reg klink vir jou, dan is dit reg.

Nou om na die grootste kontroles te kyk.

Amp Kontroles

Hierdie verskil van een vervaardiger tot die volgende, maar oor die algemeen het jy gewoonlik die volgende:

  • Gain/Pre Gain
  • Volume/Post Gain
  • Bass/Lo
  • Mid (soms uitgelos)
  • Treble/Hi

Daar kan ander kontoles wees, soos Teenwoordigheid, maar ek sal konsentreer op die wat gelys is.

Gain en Volume 

Almal weet wat volume beteken – meer is luid, minder is sag. Die woord gain, word oor die algemeen assosieer met distorsie. Dit is waar, maar net omdat oormatige gebruik daartoe lei.

Die beste manier om te verstaan hoe dit werk is om na gain te kyk as die inset sein, en volume as die uitset sein.

In eenvoudige terme, is die helderheid beter as die gain laag is en die volume hoog.

Aan die ander kant, sal jy vinnger distorsie bereik as jy die gain vermeerder terwyl jy die volume verlaag.

Wanneer jy ‘n enkel kanaal amp speel, sale k gewoonlik die gain-na-volume verhouding as 3:4 stel. Met ander woorde, as my volume op 100% is, is die gain gestel op 75%.

Om rustig te speel gee my ‘n skoon klank, maar die gain verseker punch en ‘n robust klank. Om die snare harder te slaan, maak die klank opgepers. Vir meer dirt, is ‘n overdrive pedaal wat tot lae gain/hoë volume gestel is, maak dit ‘n vet maak goeie klank.

EQ

Kort vir equalisation, hierdie verwys na die kontrole wat die frekwensie vlakke in ‘n audio sein verstel. Op die amp, word hierdie verteenwoordig deur die Bass, Mid en Treble kontroles. Maar hierdie name, soos die kontroles hulself, is baie spesifiek.

Amp EQ

Terwyl die amp se EQ kontroles meer nuttig is as ‘n enkele knop, is hulle skaars die chirurgiese gereedskap algemeen tot studios.  Meeste kort ‘n Q kontrole, wat die grootte van die aanpassings bepaal. Sonder hierdie, het jy geen idee hoe baie frekwensies beïnvloed word nie.

Verder, selfs al is hierdie kontroles plat gestel – sonder om te sny of te boost – het baie bekende amps ‘n klein dip in daar die belangrike mid-reekse. Om die Middel te boost doen min om hierdie reg te maak, so om hulle te sny maak dit baie erger.

Mids is belangrik.

Tuis op die Midreeks

‘n Kitaar se tipiese frekwensie reaksie is 80-4500Hz, wat dit in die volgende reekse plaas:

  • Bass (60-250Hz) 
  •  Lae Mids (250-500Hz) 
  •  Mids (500-2000Hz)  
  • Hoë Mids (2000-4000Hz) 
  • Teenwoordigheid (4000-6000Hz)

Dis hoekom die kitaar oor die algemeen gesien word as ‘n mid-reeks instrument. Met hierdie in gedagte, hier is iets om te vermy.

Moenie Glimlag Nie

Gewild onder metal groepe, die bekende Glimlag EQ verwys na mid snye, bass en treble aangehelp. Omdat perservering van die mid reeks belangrik is, hierdie benadering is ‘n slegte idee. Glo my, vir elke kitaar speler wat hul mids sny, is daar ‘n klank inginieur wat hulle weer op bring. 

Daarom moet jy die mids ophou, maar moenie mal gaan nie, want jy kan ‘n baie nasale klank veroorsaak.

Wanneer dit kom by die bass, gebruik minder as wat jy dalk dink. Om treble by te voeg is aanvaarbaar, maar te veel maak die klank hard.

Stel die kontroles halfpad, en verstel dit van daar af. ‘n Goeie reël is om elke kontrole op te stel tot die punt waar dit onaangenaam is, en dan stel dit bietjie terug.

Gunsteling Instellings

Jy het dalk al ‘n amp gesien met plakkers rondom die kontroles. Hierdie is die stel en vergeet metode, iets wat ek nie sou voorstel nie, omdat die klank verskil van kamer tot kamer, en plek tot plek.

Afsluiting

Bereiking van helderheid in ‘n groep benodig die regte gereedskap en verstand van hoe hulle werk. In terme van die amp:

  • Doen ondersoek op die een wat die beste by jou pas
  • ‘n Ander luidspreker kan die klank heeltemal verander
  • Balansseer volume en gain teenoor jou benodighede 
  • Preserveer die midreeks
  • Stadig op die bass
  • Gaan helder maar nie hard nie
  • Vermy Glimlag EQ
  • Stel die EQ teenoor die kamer waarin jy is

In die volgende handleiding, gaan ek die effekte demonstreer wat die duidelikheid van ‘n live omgewing kan verbeter.

Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.