Unlimited royalty free music tracks, footage, graphics & courses! Unlimited asset downloads! From $16.50/m
Advertisement
  1. Music & Audio
  2. Composition
Music

Hoe om Skrywers Blok te Voorkom en Dadelik te Begin Komponeer

by
Difficulty:BeginnerLength:LongLanguages:
This post is part of a series called Songwriting & Composing: From Inspiration to Execution.
11 Ways to Find Immediate Inspiration for Your Next Composition

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

Om musiek te skryf kan regtig moeilik wees, maar dit hoef nie te wees nie.  Of jy ‘n komponis, liedjie skrywer, produseerder of iets in die middel is, het jy definitief al ‘n oomblik gehad waar jy net vas sit en niks kan skep nie, terwyl jy alles haat wat jy maak.

Baie mense noem hierdie periodes “skrywers blok”, maar skrywers blok bestaan eintlik glad nie.  Wat regtig gebeur is net uitstelling en vrees.

In ‘n onderhoud wat ek gesien het van A-lys film komponis Michael Giacchino, het hy gesê dat hy nie skrywers blok ervaar nie.  Daar was letterlike snakke na asem vanaf die gehoor, asof hy iets aaklig gesê het.  “Alle skeppers ly vir hul kuns, doen hulle nie?”

Maar ek is hier om jou te vertel dat nee, skrywers blok is net in jou kop en dit kom neer op ‘n paar eenvoudige dinge: jy het te veel keuses, jy weet nie waar om te begin nie, jy het nie ‘n proses nie, jou aandag word afgetrek en jy is bang vir iets (teleurstellin, om onvoldoende te voel, ens.)

As jy sukkel om te skryf, is hier ‘n paar afdelings waarop jy kan fokus om weer jou talent terug te kry.

In hierdie artikel gaan ons eerste gesels oor: hoe om jou keuses te beheer sodat jy goeie beskuite vinnig kan maak en die skywings proses te laat vloei. 

Image: PhotoDune
Foto: PhotoDune

Beperk Jou Opsies

"Any tone can succeed any other tone, any tone can sound simultaneously with any other tone or tones, and any group of tones can be followed by any other group of tones.."
- Vincent Persichetti, Twentieth Century Harmony

Ek weet nie van jou nie, maar ek vind die idee van oneindigende moontlikhede vreesaanjaend!  Om die bok in hoofligte gevoel te vermy wanneer jy na ‘n skoon stuk papier kyk, moet jy jou keuses verminder.

Te veel keuses veroorsaak dat ons oorweldig kan voel deur te veel inligting.  ‘n Gereeld gedeelde studie op die impak van die keuses op uitverkopings van konfyt, wys dat minder keuses uintlik die voorwaartse momentum verbeter:

“’n Ondersoek assistent plaas verskillende bordjies met konfyt by ‘n tafel in ‘n supermark.  Een tafel het ses keuses, die ander het 24 keuses.  Hulle kyk dan na die aankoop gewoontes van daardie kopers, en of hulle opeindig om konfyt te koop of nie.  Hulle het gevind dat die wat die tafel met die ses keuses besoek het, meer geneig was om konfyt te koop as die wat nie was nie.”
(bron: Asian Efficiency)

Die sleutel om keuses te maak, is vir die keuses om maklik te wees.  “Skryf ‘n liedjie” voel nie eers soos ‘n keuse nie, maar “gaan my liedjie vinnig of stadig wees?” is ‘n keuse wat maklik is om te maak.  Al wat jy moet doen om met die skryf proses te begin, is om jou keuses eenvoudig te maak, en dan een na die ander te maak.

Om musiek te komponeer gaan oor keuses maak.  Maak vroeë keuses, en begin met die algehele konsepte en beweeg nader en nader aan besonderhede.

Hier word ‘n vyf-stap plan beskryf om jou skrywers blok te oorwin deur maklike keuses te maak met die groot prentjie ingedagte tot die finale besonderhede.  Dink daaraan asof jy ‘n standbeeld kerf – eers moet jy begin met ‘n groot klip, dan word dit ‘n vorm wat bietjie soos ‘n mens lyk, en eers aan die einde begin die klein besonderhede wys.

Met hierdie proses gaan jy van buite af na binne werk, en elke keuse gaan die volgende Kleiner keuses beïnvloed.  As jy besluit om jou liedjie heavy metal te maak, gaan jou keuses oor instrumente natuurlik volg. Aan die ander kant, as jy probeer besluit watter instrumente om te gebruik, maar jy weet nie watter styl jy gaan skryf nie, het jy te veel keuses om te maak.  Op daardie stadium kan jy voel of jy vas sit, begin dink aan ander dinge, en opeindig om net nooit enige iets te skryf nie.

Jy is nie gebind aan jou vroeë keuses nie; elke keuse kan verander word later.  Maar elke besluit wat jy vroeg maak, sal jou help om jou proses te laat beweeg en sal jou help om ‘n goeie stuk musiek te skryf.

Image: PhotoDune
Foto: PhotoDune

1. Groot Prentjie Besluite

Kry eers jou hoof konsepte sodat jy weet wat jy beplan om te skryf.

Wat skryf jy?  Dit klink eenvoudig, maar baie mense verstaan nie wat hulle beplan om te doen nie.  “Ek gaan vandag ‘n liedjie skryf” is ‘n groot lelike dubbelsinnige ding.  “Ek gaan vandag ‘n liedjie skryf oor twee mense wat verlief geraak het toe hulle kinders was en eers weer mekaar gesien het as volwassenes” is meer spesifiek, en kan jou al klaar help aan die gang kom.

Een van die redes hoekom komponiste makliker kan skryf vir films, as vir hulself, is omdat die film dikteer waaroor hulle gaan skryf.  Hulle sukkel om te sien dat hulle sukkel met ‘n groot prentjie konsep, wanneer hulle dit nie regkry om hulle eie musiek te skryf nie.

Wat is die styl van die stuk of die liedjie wat jy besig is om te skryf?

Weereens, duidelikheid wen dubbelsinnigheid elke keer.  “Ek gaan iets komponeer,” of “Ek gaan iets komponeer met ‘n vinnige en opwindende orkesterale deel in ‘n moderne superheld styl.”

Wanneer jy op die styl besluit, gee jy jouself makliker kans vir meer spesifieke besluite soos tempo, instrumente, harmonie, ens.

2. Algemene Besluite vir Jou Spesifieke Stuk

Maak nou spesifieke besluite vir jou liedjie, maar wat steeds te doen het met die algehele komponering. Hierdie sluit in:

  • Gevoel; Gelukkig, hartseer, melancholies, skrikwekkend, of ‘n kombinasie?
  • Lengte: Hoe lank gaan dit wees?  Neem jou gehoor in ag, en die rede vir die stuk.  ‘n Liedjie wat jy gaan stuur na musiek biblioteke toe kan 60 sekondes wees, ‘n simfonie wat as die hoof gebeurtenis by ‘n konsert opgetree gaan word, moet heelwat langer wees.
  • Harmonie benadering: Die akkoorde en skale wat jy wil gebruik.  Hierdie kan besluit word deur die styl wat jy gekies het.  Gaan dit eenvoudige drieklanke wees, of ‘n liedjie gebou op drie basiese akkoorde, of in ‘n spesifieke mode soos Dorian of Lydian?  Miskien wil jy romantiese chromatiese harmonie hê of selfs atonaliteit.  Besluit dit nou.
  • Sleutel: Jy hoef nie elke modulasie te besluit nie, maar om eenvoudig te besluit “Hierdie stuk gaan met G min begin”, het jy al klaar besluit hoe om te begin, wat dit makliker maak om aan te beweeg na die volgende fase. 
  • Tempo: Weereens, jy hoef nie die spesifieke bpm te ken nie, maar jy moet besluit of jou liedjie, stadig, medium-stadig, of vreeslik vinnig gaan wees.
  • Meter: Is dit ‘n staptog in 2/4, of ‘n drywende 3/4?
  • Instrumente: Nog ‘n keuse gevorm deur styl, maar jy kan miskien ‘n unieke gevoel byvoeg.  Orkesteraal, maar met ‘n trekklavier, of ‘n indie rock groep met ‘n skyf kitaar.  Ken die instrumente waarmee jy gaan werk.

3. Algehele Struktuur en Vorm

Volgende moet jy op jou struktuur/vorm besluit. Gaan dit die gewone Vers Koor Vers Koor Brug Koor wees?  Of iets meer ongewoon? 

Liedjies wat oor die lirieke en storie gaan is gereeld meer eenvoudig as dit kom by struktuur, waaras komponerings wat baie opwindend moet wees en mense op die punt van hul stoele moet hou ‘n minder voorspelbare vorm sal hê.

Dink aan jou stuk se vorm as ‘n buitelyn vir hoe jy jou idees gaan uitbeeld, met elke afdeling wat later in die proses ingevul gaan word met besonderhede.

Besluit nou of jy ‘n gewone ABA vorm wil hê, miskien ‘n sonata mimiek op een of ander manier, en of jy wil gaan vir iets heeltemal anders.

4. Beraam Elke Afdeling

Noudat jy die ruggraat van jou komposisie het, kan jy dit ‘n stap verder vat en werk met die buitelyn en algehele karaktereienskappe van elke individuele afdeling en hoe dit vergelyk kan word of kontrasteer met die ander afdelings.

  • Orkestrasie: Wat gaan die primêre instrumente wees?  Miskien sal jy besluit dat die eerste afdeling snare moet wees en die volgende afdeling lae brass.
  • Dinamika: Waar is die hoë en lae klanke vir volume en intensiteit?  Wanneer jy na jou stuk kyk van ver af, soos hierdie, kan jy die dramatiese vorm sien en of dit interessant genoeg is of nog werk nodig het.  Is dit te stil vir te lank voor enige iets interessant gebeur?  Geen logika in die spasiëring van stil n luid?
  • Vorm: Jy ken die vorm van die hele liedjie, maar wat van elke afdeling?  As dit ‘n baie kort stuk is, is jou A afdeling dalk net ‘n 8 bar melodie.  As dit bietjie langer is, het jou A afdeling dalk sy eie ABA struktuur.
  • Sleutel: Afhangende van jou styl, wil jy dalk modulasies oorweeg vir elke afdeling met sy eie sleutel.  Hoe hou die sleutels van een afdeling verband met mekaar?  Is daar logika tot die progressie?

5. Besonderhede

Uiteindelik verander jy jou buitelyne na ‘n vleis en bloed komposisie.  Dit begin tekstuur en kleur vat.  Die besonderhede word lewendig.

Die goeie ding van hierdie proses is dat jy nie oorweldig raak om “iets te skryf” nie.  In plaas daarvan is jy eerder besig met die taak van,  byvoorbeeld, “skryf ‘n stadige, hartseer en stil opening met 4 bars vir ‘n solo trompet in die sleutel van C min.”

Image: PhotoDune
Foto: PhotoDune

Die Proses in Aksie

Ek sal jou wys hoe ek hierdie spesifieke proses gebruik het om twee verskillende dinge te skryf, ‘n fantasie/avontuur komposisie, en hierdie einste artikel.

Hoe Ek Hierdie Proses Gebruik het om ‘n Stukkie Musiek te Skryf

Om ‘n groot orkestorale stuk te skryf is intimderend, maar as jy hierdie proses gebruik om besluite te neem van grootste tot kleinste maak dit die hele ding meer doenbaar.  Hier is ‘n stuk wat ek geskryf het met hierdie proses

  1. Ek het eerste die basiese besluite gemaak in verband met wat ek wou skryf.  Ek het geweet ek was opsoek na ‘n orkestorale stuk met ‘n fantasie/avontuur styl.
  2. Ek het toe ‘n paar spesifieke keuses gemaak met die komposisie.  Ek het besluit dit gaan medium-vinnig wees en in 12/8.  Ek het geweet die instrumente moet orkestoraal wees, maar met ‘n  blokfluit vir Renaissance gevoel en hoë register chimes soos ‘n celeta om ‘n towerkunstige gevoel te gee.

    Ek het gedink Dorian sou ‘n goeie keuse wees in verband met harmonie omdat dit ‘n medieval kerk gevoel het.  Dis soos ‘n min sleutel wat meer fantasties is as hartseer a.g.v die natuurlike sesde skaal graad.

    Vir die lengte wou ek iets nogals kort gehad het, so ek het twee minute my doel gemaak.  Neem kennis dat ek nie gesê het dat dit presies 1 minuut en 50 sekondes lank moet wees nie, maar net dat ek ‘n idee het oor hoe lank dit moet wees.  En ek wou hê dit moet redelik pret en opwindend wees.  Nie die uiterste van feesvuuring nie, e nook nie vreesaanjaend nie, maar net ‘n inspirerende reis.

    Wat ek regtig wil beklemtoon is dat elkeen van hierdie besluite vreeslik maklik was om te maak een vir een.
  3. Die algehele vorm en struktuur was volgende.  Omdat ek al klaar besluit het om dit redelik kort te maak, het ek geweet dit sou nie ‘n baie kompleks vorm hê, wat in baie rigtings beweeg nie.  Ek het besluit dat ek een tema gaan hê wat drie keer genoem gaan word, elk een groter as die vorige. Die feit dat die eerste afdeling bou na die tweede afdeling was nie beplan nie, maar het natuurlik gevoel toe ek geskryf het, maar die feit dat daar ‘n sagte openings afdeling gevolg deur ‘n medium sterk afdeling was, was definitief beplan.
  4. Die struktuur van drie afdelings, klein na medium na groot, het my buitelyn geword om groter besonderhede in te vul. Ek besluit dat ek sou begin met ‘n solo blokfluit met ‘n harp agtergrond vir die eerste afdeling, dan sal dit aan beweeg na ‘n solo horing en tjello's vir die tweede deel, en uiteindelik met hoë snare, groot brass en timpani vir die laaste afdeling. Hierdie is die deel waar ek regtig begin het om musiek te skryf, en spesifieke idees uit te dink, alhoewel dit redelik dun was.

    Om ‘n basiese tema te kry was baie maklik omdat ek al klaar die volgende dinge geweet het:
    • Dit gaan in A Dorian wees, so ek presies geweet wat ek kon gebruik.
    • Dit gaan met die blokfluit begin.
    • 12/8
    • Medium-vinnig

    Met daardie beperkings op my gedwing, het ek eenvoudig net op die klawerbord rond gespeel totdat ek iets gekry waarvan ek hou.  Klink dit te eenvoudig?  Dit is regtig so maklik.

    As jy nog steeds nie aan iets kan dink nie, voeg nog lae beperkings by: “Ek moet begin met ‘n perfekte 4de interval” of “Ek mag net die note A en F# gebruik,” ens.

    Volgende het ek die vorm bepaal van elke individuele afdeling, byvoorbeeld, die eerste afdeling verduidelik die tema en bou dan verder, die tweede afdeling verduidelik weer die tema, en het dan ‘n B tema wat die meer lengte gee, en die derde afdeling verduidelik die tema en bou dan na die einde toe. 

    In hierdie fase gaan dinge rond beweeg word, van die groot prentjie besluite gaan dalk heroorweeg moet word, en die komposisie begin regtig lewe kry.

  5. Uiteindelik die fyner besonderhede.  Hier ek dinge gedoen soos om meer orkestorale kleur by te voeg en die tema te verander elke keer wat dit speel sodat dit nie net dieselfde is heeltyd nie.  Ek het geweet dat die harp arpeggios gaan speel, en in hierdie fase het ek eintlik uitgewerk watter note dit sou wees. Die opening met blokfluit en harp alleen het so dun gevoel, so toe voeg ‘n sagte pad onderaan wat as gom dien.  Ek het aangehou aanpas en verfyn todat die finale produk begin vorm vat het.

Hoe Ek Hierdie Proses Gebruik Het om Hierdie Artikel te Skryf

  1. Ek het eers besluit waaroor ek wou skryf – Skrywers Blok.  Ek het ook besluit dat die styl ‘n stap vir stap handleiding gaan wees.
  2. Volgende, het ek besluit op die oorheersende kenmerke – daar is baie aspekte van skrywers blok waaroor ek kon skryf, so in hierdie geval het ek besluit om te fokus op beperking van keuses en om maklike besluite te maak. Ek het duidelik nie nodig gehad om te dink aan dinge soos sleutel en tempo nie, maar ek het geweet dat dit meer as 1000 woorde gaan wees.  My fokus moes bepaal word voor ek kon aanbeweeg.
  3. Nadat ek geweet het waaroor ek gaan skryf, het ek begin die basisie formaat uit lê – ‘n inleading, elke stap van die proses, ‘n voorbeeld van hoe om dit te gebruik, en ‘n afsluiting.  Dit is die buitelyn, met die idee dat met elke stap van die proses, ek nog nader kyk aan die besonderhede.
  4. Soortgelyk aan stap 3, het ek nader gekyk en besluit wat ek wou skryf in elke afdeling.  So, in plaas daarvan om elke woord in te tik vir elke afdeling, het ek net die basiese punte neer geskryf: “Wat gaan jy skryf?” en “Wat is die styl?”
  5. Uiteindelik het ek terug gegaan en die besonderhede ingevul.  Ek het meer gewerk aan paragrawe wat meer nodig gehad het, sinne oorgeskryf wat nie sin gemaak het nie, en net algemene verfyning gedoen. Hierdie deel lyk na die moeilikste om te sktyf, maar die realiteit is dat dit vreeslik maklik is omdat al die besluite klaar vir my gemaak is!
Image: PhotoDune
Foto: PhotoDune

Afsluiting

Die hoof idee met van die buite af binne toe werk, is dat jy van die maklikste besluite (styl) na die moeilker besluite beweeg (A min gevolg deur D7 of F?) Maar die lekker van hierdie orde is dat elke besluit die volgende een biedjie makliker maak.

Moet dit in hierdie spesifieke volgorde wees?  Natuurlik nie.  Daar is niks fout daarmee om van die binne af buite toe te werk nie, bv.  om met ‘n idee te begin en dit te laat groei tot ‘n volle komponering.

Wat ek hier wys, is nie die enigste manier om te werk nie, en definitief nie hoe ek altyd werk nie, maar dit is ‘n proses wat jy kan aanneem om daardie oomblikke te baklei wanneer jy net vas sit.

Gewoonlik wanneer iemand vas sit en nie vorentoe kan beweeg nie, is dit omdat hulle nie weet waarmee om vorentoe te beweeg nie.  Die idee van oneindigende keuses veroorsaak dat hulle net nie keuses maak nie.  Dink aan die kar verkoper, wat nie vra “Wil jy hierdie kar hê?” nie (oneindigende redes vir ja en nee), maar eerder vra “Wil jy hierdie kar in rooi of blou hê?” (‘n baie eenvoudige keuse, en jou brein sal een maak)!

Moenie probeer alles op die regte manier doen nie, of op die manier wat iemand anders dit doen nie.  Fokus net op wat vir jou werk en die produk lewer, in plaas daarvan om te dink aan die produk lewer.

Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.