Unlimited royalty free music tracks, footage, graphics & courses! Unlimited asset downloads! From $16.50/m
Advertisement
  1. Music & Audio
  2. Live Sound
Music

Om Koordlose Audio by Live Gigs te Gebruik

by
Difficulty:IntermediateLength:ShortLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

Enige iemand wat al live sound gedoen het, ken die uiteindelike waarheid: Kabels is aaklig! Gelukkig in hierdie moderne era het ons koordlose opsies om die rot-nes van kabels te verminder.

Hoekom Koordloos?

Met live sound moet jy altyd versigtig wees met jou sein ketting. Alhoewel jy ‘n towerkunstige oomblik kan mis in die studio van ‘n gereedskapsongeluk, beteken so ongeluk gedurende ‘n optrede dat alles stil staan.  Om enige koordlose toestel by ‘n optrede by te voeg, loop jy die risiko om lelike ongewenste seine op te tel. Hierdie kan veral problematies wees as die koordlose sein jou hoof voer is! So hoekom sal ons dit enigsins probeer? 

Omdat ‘n koordlose oprigting potensieël vinniger is om op te stel, in moeilike areas by te kom en uit te saai na meer as een stel luidsprekers. As jy al ooit ‘n hele show by jouself moes opstel, dan weet jy hoe baie tyd is daar teen jou!

‘n Koordlose opset red jou ook van kabels wat deur deure gehardloop word. Tape is fantasties, maar om dit nie nodig te hê nie, is selfs meer fantasties!  Dit laat ook toe vir ‘n meer buigbare plek vir die front of house. Terwyl jy nog steeds mikrofoon snakes nodig het, om een kabel te gebruik is baie beter as ‘n klomp kleintjies!

Onthou ook dat mense koordlose mikrofone gereeld gebruik. Sodra hulle na die regte frekwensies gestel word, sal bandwydte probleme vergaan.  Net wanneer jy met ‘n skare van duisendes werk, moet jy weer na die bandwydte probleem kyk.  Buitendien, as jy ‘n optrede vir duisende mense in ‘n gehoor hardloop, is jy seker nie alleen nie, en het hulp om die kabels te beheer! 

Ander Probleme?

Soos met alle dinge, is daar ander potensiële probleme wat dalk nie voor die hand liggend voorkom nie. Alhoewel hierdie probleme met koodloos min is, moet hulle nog steeds opgemerk word. Hier is die grootste probleme:

  • Audio Bandwydte – Nie alle transmitters word dieselfde gemaak nie. Meeste analog (FM) transmissie sisteemse kan nie volle bandwydte seine stuur nie.  Hulle word gewoonlik limiet tot 15kHz wat dalk of dalk nie aanvaarbaar sal wees afhangende van die situasie. Digitale transmitters aan die ander hand, het die kapasiteit van ‘n volle 20kHz sein.
  • Kompressie – Vir transmitters om te werk, is daar gewoonlik die nood vir kompressie om plaas te vind.  Die sein word saamgepers by die transmitter en word weer uitgebrei by die ontvanger uit. Party mense vind hierdie aanstootlik, waar ander glad nie omgee nie. Die keuse is joune.
  • Delay – Een van die grootste nadele van digitale sisteme is dat hulle delay uitgebring het. Terwyl 3ms nie na veel klink nie, party liggeraakte sangers mag dalk nie saam stem nie.

Om Koordloos te Gaan 

Vir die van julle wat nog steeds onverskrokke is en opgewonde is om daardie spaar koordlose kits te gebruik, kom ons begin!

  • Begin deur twee koordlose opvangers naby monitors te sit; een vir links en een vir regs.
  • Nadat hierdie opvangers krag het, maak seker dat hulle line level uitset en nie mic level nie. Konnekteer dan die ontvanger se uitset met die inset van die monitor (aannemend dat dit self krag het). 
  • Volgende, vat die koordlose transmissie pakke (tipies ontwerp vir lav mics) en konnekteer hulle met die uitset van jou mixing console, finale EQ, of wat okal die einde van jou prosseserings ketting in ‘n L-R opset is.  Jy sal heel moontlik spesiale kabels nodig hê om hierdie te doen. Byvoorbeeld, die Shure transmissie benodig ‘n vroulike XLR tot TA4F kabel.
  • Nadat jy die koordlose pakke gekonnekteer het met jou klankbord, maak seker om hulle na verskillende en nie-teenstrydige kanale te stel. 
  • Laastens, maak seker jy het jou opvangers wat ook ingestel is op die selfde kanale.

Die opstel is regtig so maklik! As jy verskeie luidsprekers op albei links en regs het, ketting hulle net saam met kort XLR kabels soos jy normaalweg sou. 

Het jy ekstra luidsprekers wat verder weg is en wat baie lang kabels benodig? Voeg eenvoudig net ‘n opvanger vir daardie luidsprekers by en stel die opvanger of op dieselfde kanaal as die linker, of die regter transmissie. Maklik! 

Onthou dat jy net so veel transmitters nodig het as wat jy seine moet stuur, maar jy kan aanhou opvangers byvoeg vir meer luidsprekers (behalwe vir party digitale sisteme wat staatmaak daarop om die twee bymekaar te sit).

Pas Op Vir…

Hopelik sal die bogenoemde opset elke vir jou werk, maar daar is ‘n kans dat jy elke nou en dan ‘n paar probleme mag ervaar. Hier is ‘n paar sleutel punte om in gedagte te hou met hierdie opset:

  • Transmitter Inset Gain – Gewoonlik word hierdie transmitters ontwerp vir mikrofone se insetter en kan maklik clip.  Gelukkig die mid-grade en op variasies gewoonlik ‘n gain versteller en ‘n pad wat ingebou is. As jy nie die inset gain afstel nie, en jy het ‘n pad, gaan jy waarskynlik clip, en jouself mal maak!
  • Battery Lewe – Meeste koordlose transmitters is battery gedrewe, en met batterye kom limitasies op hoe lank hulle werk.  Jy behoort ‘n soliede vier ure of so uit meeste transmitters te kry, maar maak seker om te kyk! Sit altyd nuwe batterye in net voor die show begin!
  • Transmissie Opvangs – Alles het hul limiete, en koordlose audio sisteme is nie die uitsondering nie. Tensy jy ‘n moderne koordlose oprigting soos Shure se Axient gebruik, sal daar praktiese ontvangs limiete wees, veral as daar inmenging is.  Oor die algemeen, enige iewers tussen 100 en 300 foet is ‘n veilige skatting. Hierdie gaan voor die hand liggend met nog meer inmenging. 

Afsluiting

Koordlose audio is regtig lekker om mee te werk in ‘n live opset. Dit is hoogs buigbaar en kan groot opsette baie vinniger maak.  Jy moet nogsteeds versigtig wees met jou omgewing en jy moet altyd na jou koordlose sein kyk. So as jy ‘n paar koordlose kits het wat net rond lê, gaan probeer hulle! Jy mag dalk net verbaas wees oor hoe goed hulle klink. Dankie dat jy gelees het!

Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.